(Uit: Braaitreffers, Hannetjie Joubert)
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- 500 ml droë rooiwyn
- 500 ml hoenderaftreksel
- 125 ml brandewyn
- 3 knoffelhuisies, geskil en gekneus
- 1 lourierblaar
- 5 ml vars of 2 ml droë tiemie
- 12,5 ml tamatiepasta
- 5 ml vars of 2 ml droë marjolein
- 7 ml sout
- 3 ml varsgemaalde swartpeper
- 15 ml bruinsuiker
- 10 ml vars of 5 ml droë pietersielie
- 250 g klein knopiesampioene
- 150 g spek, gekap
- 20 pekeluie, geskil en geblansjeer
- 50 ml botter of margarien
- 1 groot hoender, in porsies gesny
- meelblom om in te rol
Metode:
- Verhit die rooiwyn, aftreksel, brandewyn, knoffel, lourierblaar, tiemie, tamatiepasta, marjolein, sout, peper, bruinsuiker en pietersielie in ‘n nommer 1- of 2-driepootpot oor die kole. Laat dit kook tot ±600 ml oorbly.
- Voeg die sampioene by en laat prut vir nog 5 minute lank. Skep die sampioene uit.
- Braai die spekvleis en uie bruin in botter. Skep dit uit.
- Rol die hoenderstukke in meelblom en braai tot egalig bruin in botter of margarien.
- Skep die hoender, uie, spekvleis en sampioene terug in die pot. Bedek met net genoeg wyn en aftreksel om die hoender halfpad te bedek. Bedek met ‘n deksel en laat prut stadig vir 1 – 1 ½ uur of totdat die hoender sag is.
Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa