Soorte resepte:

Resep: Geurige kerriehoender

Geurige kerriehoender (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié kerriehoender verseker ʼn smaaklike begin van die nuwe jaar!

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • klont botter
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 8 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • knypie sout en varsgemaalde swartpeper
  • 7,5 ml (1 ½ t) kerriepoeier
  • 7,5 ml (1 ½ t) tandoori masala
  • 5 ml (1 t) garam masala
  • 65 g (1 blikkie) tamatiepasta
  • 400 g (1 blik) klappermelk
  • 5 heel kardemomsade
  • 250 ml (1 k) natuurlike jogurt

Metode:

  1. Smelt botter in braaipan en soteer uie en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg hoenderborsies by en braai tot gaar.
  3. Geur met sout en peper. Plaas hoendermengsel in prutpot.
  4. Meng kerriepoeier, tandoori masala, garam masala en tamatiepasta tot glad. Voeg bietjie van die klappermelk by en roer tot glad.
  5. Roer kerriemengsel by oorblywende klappermelk tot glad.
  6. Voeg kerriemengsel en kardemomsade by hoender in prutpot. Kook vir 5 uur oor hoë hitte.
  7. Verwyder kardemomsade. Roer jogurt by. Kook vir nog 1 uur oor hoe hitte. Vinnig

 

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

koos1 ·

MM, Is die kooktyd reg? 6 ure vir hoender fillete (borsies) in blokkies gesny?

Mary-Jane ·

LOL @ kooktyd. Soms lyk julle resepte lekker maar daar is geen manier om dit te druk of kopieër nie. Regtig nie baie slim nie, of wat mis ek?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.