Soorte resepte:

Resep: Hoendergevulde tamatiekoppies

Hoendergevulde tamatiekoppies Foto: Taste of Home (tasteofhome.com)

Hoendergevulde tamatiekoppies Foto: Taste of Home (tasteofhome.com)

Lewer 4 porsies

Bestanddele:
4 mediumgrootte tamaties
3 koppies gaar hoender (in blokkies gesny)
½ koppie wortels (gerasper)
¼ koppie gekapte groen uie
Mayonnaise, gewone joghurt en suurroom na smaak
¼ koppie gekapte okkerneute

Metode:
1. Sny die bolagie van elke tamatie af. Skep die pulp uit.
2. Laat staan die tamatiekoppies onderstebo op handdoekpapier om te dreineer.
3. Meng die hoender, wortel en uie en voeg die mayonnaise en joghurt by die mengsel.
4. Skep die mengsel in elkeen van die tamaties en besprinkel met okkerneute.

Resep oorspronklik gepubliseer in Simple & Delicious Julie/Augustus 2006, p.27

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae