Lewer 4 porsies
Bestanddele:
4 mediumgrootte tamaties
3 koppies gaar hoender (in blokkies gesny)
½ koppie wortels (gerasper)
¼ koppie gekapte groen uie
Mayonnaise, gewone jogurt en suurroom na smaak
¼ koppie gekapte okkerneute
Metode:
1. Sny die bolagie van elke tamatie af. Skep die pulp uit.
2. Laat staan die tamatiekoppies onderstebo op handdoekpapier om te dreineer.
3. Meng die hoender, wortel en uie en voeg die mayonnaise en jogurt by die mengsel.
4. Skep die mengsel in elkeen van die tamaties en besprinkel met okkerneute.
Resep oorspronklik gepubliseer in Simple & Delicious Julie/Augustus 2006, p.27