Soorte resepte:

Resep: Hoenderrollade

Hoenderrollade (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié rollade is ʼn wenner!
Lewer 6 porsies

Bestanddele

DEEG

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 1 ml sout
  • knippie rooipeper
  • 125 ml (½ k) Clover-cheddarkaas, gerasper
  • 125 ml (½ k) Clover-volroommelk
  • 125 ml (½ k) olie
  • 1 ekstragroot eier

VULSEL

  • genoeg Clover Mooi River-botter
  • 1 ui, fyn gekap
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • ½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
  • 3 hoenderborsies, gaar en gevlok
  • handvol vars pietersielie, gekap
  • 90 ml (6 e) Clover Cream O’Naise
  • 45 ml (3 e) blatjang
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml (½ k) Clover-cheddarkaas, gerasper

AFRONDING

  • bietjie Clover-volroommelk vir bo-oor

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C

DEEG

  1. Sif die meel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
  2. Voeg die kaas by en meng deur met hande sodat die meel die gerasperde kaas goed bedek.
  3. Klits die melk, olie en eier saam. Voeg die melkmengsel by en sny dit met ’n slaplemmes by droë bestanddele in.
  4. Druk die mengsel bymekaar om ’n deeg te vorm.
  5. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit in ’n reghoek van ongeveer 28 cm x 40 cm.

VULSEL

  1. Verhit die botter en soteer die ui daarin tot sag.
  2. Voeg die sampioene by en soteer nog bietjie tot die sampioene sag is.
  3. Voeg die soetrissie en hoender by en soteer nog 2 minute. Verwyder van die stoofplaat en laat afkoel.
  4. Roer die oorblywende bestanddele by.
  5. Smeer die vulsel op die uitgerolde deeg. Rol die deeg van die lang sykant soos rolkoek op.
  6. Plaas die rol op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

AFRONDING

  1. Verf bietjie melk oor en bak vir 40 minute tot gaar en goudbruin bo-op.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.