Soorte resepte:

Resep: Kamma-bouillabaisse

Kamma-bouillabaisse (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike seekossop!
Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 100 g botter
  • 30 ml (2 e) kanola-olie
  • 3 uie, gekap
  • 4 selderystingels, gekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 60 ml (4 e) fyngekapte vars pietersielie
  • 500 g tamaties, geskil en grofgekap
  • 1,25 l vis- of hoenderaftreksel
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) droë tiemie
  • 2,5 ml (½ t) paprika
  • 2,5 ml (½ t) rooipeper
  • 600 g bevrore garnale
  • 900 g mossels in die skulp
  • 500 g kreef, skoongemaak
  • 300 g tongvis- of koningklipfilette, ontdooi en in kleiner stukkies gesny

Metode

  1. Verhit die botter en olie saam in ’n swaarboomkastrol en soteer die ui, seldery en knoffel daarin.
  2. Voeg die pietersielie, tamaties, aftreksel en geurmiddels by. Verhit die sop tot kookpunt.
  3. Voeg die garnale, mossels, kreef en vis by die sop. Plaas die deksel op en laat dit vir 30 minute lank liggies prut.
  4. Haal die kreef uit die dop, sny dit in blokkies en voeg dit weer by die sop.
  5. Verhit die sop tot kookpunt en bedien dadelik.

Bron: 50 sop- en broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.