Heerlike perskehoender met wyn, perfek vir ʼn Maandagaand!
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele
- 80 ml koekmeel
- soul en peper na smaak
- 6-8 hoenderporsies
- 30 ml kanola-olie
- 250 ml ingelegde perskes, gekap
- 2 uie, gekap
- 250 ml hoenderaftreksel
- 200 ml laatoes-wyn
- 60 ml matig soet mosterd
- 30 ml blatjang
- 30 ml mielieblom
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ʼn oondvaste bak met ʼn deksel.
- Meng die meel, sout en peper in ʼn plastieksakkie. Plaas die hoenderporsies in die sakkie en skud sodat die hoender heeltemal met meel bedek word.
- Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die hoenderporsies tot goudbruin.
- Rangskik die hoender in die voorbereide oondbak en strooi die perskes oor.
- Verhit weer die pan en soteer die uie tot dit sag is.
- Meng die aftreksel, wyn, mosterd, blatjang en mielieblom saam tot glad. Voeg die sous by die uie en laat dit liggies prut tot die sous Giet die sous oor die hoender, bedek die oondbak en bak vir 1½ uur.
Bron: 50 hoendergeregte
Uitgewer: Lapa
perske hoender in wyn klink na moerbei kos as mense gekoring is?