Soorte resepte:

Resep: Romerige blomkool-en-aartappelsop

Romerige blomkool-en-aartappelsop (Foto: Lapa-uitgewers)

Sit dié sop as ʼn voorgereg óf ʼn hoofgereg voor.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 20 ml kanola-olie
  • 250 g spekvleis, in klein blokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 preie, gehalveer, goed gewas en in klein, fyn skyfies gesny
  • ½ middelslag-blomkool, gewas en in klein blommetjies gesny
  • 500 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 l hoenderaftreksel
  • 60 ml room

Metode

  1. Verhit 10 ml van die olie in ’n swaarboomkastrol en braai die spek vir 5 minute of tot bros. Skep die spek met ’n gaatjieslepel uit en dreineer die oortollige olie op kombuispapier.
  2. Voeg die oorblywende olie in die kastrol by en soteer die knoffel en prei vir 5 minute terwyl aanhoudend geroer word.
  3. Voeg die blomkool, aartappel en aftreksel by die prei en knoffel.
  4. Bedek die kastrol gedeeltelik en verhit die sop tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sop vir 25 minute liggies prut tot die groente sag is. Roer die sop gereeld.
  5. Roer die helfte van die spek deur en laat die sop effens afkoel.
  6. Giet die sop in sarsies in ’n voedselverwerker en verpulp tot glad. Giet die sop weer terug in die kastrol en voeg die room by.
  7. Verhit die sop tot deurwarm (moet dit nie weer laat kook nie).
  8. Skep die sop in bakkies, strooi die oorblywende spek oor en bedien met volgraan roosterbrood.

Bron: 50 sop- en broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.