Rina Hugo gee haar resep vir heerlike skaapboud
Lewer 6 porsies
Bestanddele:
- 2,5 tot 3 kg skaapboud
- genoeg sout en peper
- 1 ml droë roosmaryn
- 1 ml droë basiliekruid
- 5 ml vars knoffel, gekap
- halwe suurlemoen se sap
- genoeg Mrs Balls-perskeblatjang
Metode:
- Stel oond op 180 °C.
- Sit skaapboud op dubbelgevoude stuk foelie.
- Smeer skaapboud met genoeg sout, peper, roosmaryn, basiliekruid en knoffel.
- Drup van suurlemoensap bo-oor skaapboud. Smeer boud goed met perskeblatjang.
- Draai skaapboud om en doen dieselfde aan die onderkant.
- Maak boud met foelie toe en plaas in oondpan.
- Bak skaapboud vir 2 ½ tot 3 ure, afhangend van grootte daarvan.
- Haal skaapboud uit foelie en rooster onder oond se element.
Wenk: Droë roosmaryn en basiliekruid kon ook met ander vars kruie soos tiemie vervang word.
Na 3 ure is hy so droog, jy kan die left overs gebruik vir kurk proppe !
Strooi, dis wanneer die boud op sy sagste is en in sy eie sous braai. As ek my boud kook, kook ek die boud vir so drie ure op lae hitte, as jy hom sny, val hy uitmekaar hy is so sag