Bestanddele:
Frikkadelle
- 500 g hoendermaalvleis
- 1 groot eier
- 125 ml broodkrummels
- 5 ml sout
- 2,5 ml varsgemaalde swartpeper
- 125 ml fyngekapte vars pietersielie
- 10 ml fyngekapte vars tiemie
- 10 ml fyngekapte vars salie
- 10 ml fyngekapte vars roosmaryn
Pastasous
- 45 ml kanola-olie
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties
- 5 ml sout
- 80 ml fyngekapte vars pietersielie
- 80 ml fyngekapte vars basilie
- 30 ml bruinsuiker
Metode:
- Meng al die bestanddele vir die frikkadelle goed saam en vorm vleisballetjies van ongeveer 5 cm in deursnee.
- Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die frikkadelle tot bruin. Skep uit en hou eenkant
- PASTASOUS: Soteer die knoffel vir 1 minuut in die olie en voeg die gekapte tamaties by. Verhit tot kookpunt en laat dit vir 2 minute kook.
- Voeg die sout, pietersielie, basilie en suiker by en prut vir 5 minute.
- Skep die frikkadelle terug in die sous en roer deur. Prut vir nog 15 minute en bedien saam met spaghetti.
Bron: 50 hoendergeregte
Uitgewer: Lapa