Soorte resepte:

[Resep] Spaghetti met hoender­frikkadelle

Spaghetti bly maar ʼn wenner!

Bestanddele:

Frikkadelle

  • 500 g hoendermaalvleis
  • 1 groot eier
  • 125 ml broodkrummels
  • 5 ml sout
  • 2,5 ml varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 10 ml fyngekapte vars tiemie
  • 10 ml fyngekapte vars salie
  • 10 ml fyngekapte vars roosmaryn

Pastasous

  • 45 ml kanola-olie
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties
  • 5 ml sout
  • 80 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 80 ml fyngekapte vars basilie
  • 30 ml bruinsuiker

Metode:

  1. Meng al die bestanddele vir die frikkadelle goed saam en vorm vleisballetjies van ongeveer 5 cm in deursnee.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die frikkadelle tot bruin. Skep uit en hou eenkant
  3. PASTASOUS: Soteer die knoffel vir 1 minuut in die olie en voeg die gekapte tamaties by. Verhit tot kookpunt en laat dit vir 2 minute kook.
  4. Voeg die sout, pietersielie, basilie en suiker by en prut vir 5 minute.
  5. Skep die frikkadelle terug in die sous en roer deur. Prut vir nog 15 minute en bedien saam met spaghetti.

Bron: 50 hoendergeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.