Dié kombinasie van geure sal jou smaakknoppies behoorlik prikkel.
Bestanddele:
- uie, fyngekap en gebraai
- hoenderaftreksel
- 1 knoffelhuisie
- gemmer
- ingelegte pere
- Blaauwkrantz-kaas
- koljanderkruit
Metode:
- Gooi al die bestanddele in ʼn mengbak en druk dit met ʼn aartappeldrukker fyn.
- Meng dit verder met ʼn voedselverwerker tot glad en loperig.
- Voeg room by volgens eie voorkeur.
- Dis op en gooi swartpeper oor.
- Bedien en geniet!
Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red