19-jarige Fils maak Davisbeker-debuut  

Arthur Fils (Foto: Jason Whitman/NurPhoto/NurPhoto via AFP)

Arthur Fils gaan sy debuut vir Frankryk se Davisbeker-span maak.

Die 19-jarige Fils, 46ste op die wêreldranglys, sal saam met die 32ste gekeurde Adrian Mannarino, Ugo Humbert (33ste) en die dubbelspelspesialiste Edouard Roger-Vasselin en Nicolas Mahut in die Franse span speel.

Roger-Vasselin (39ste) sal ook sy debuut maak, terwyl Mannarino (35ste) ʼn onlangse wenner in Newport was.

Fils was ʼn finalis in die Franse Ope se junior enkelspel in 2021 en het saam met Giovanni Mpetshi die dubbelspel gewen. Hy het sy eerste beroepstitel in Mei vanjaar in Lyon behaal.

Frankryk, ʼn tienmalige Davisbeker-wenner, het in 2017 sy laaste titel in die manspankompetisie gewen. Dié land sal Australië, Brittanje en Switserland in Groep B pak van 12 tot 17 September in Manchester.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.