Dié fikse SA’ners gaan Spele toe

Die wenatlete by die Fittest in Cape Town-kompetisie. Foto: Instagram/Fittest in Cape Town.

Fiksheid het die afgelope naweek ʼn Kaapse draai gemaak en daar was baie op die spel by die Fittest in Cape Town-kompetisie by Coetzenburg-sportsentrum in Stellenbosch.

Die man, vrou en span wat eerste geëindig het, bespreek outomaties hul kaartjie na die CrossFit-spele in die VSA.

Ná ses oefensessies – wat alles van ’n atleet se uithouvermoë tot sy gimnastiekvaardigheid en krag getoets het – het Kealan Henry, Michelle Merand en die span van CrossFit Commit Okavango vir die Spele gekwalifiseer.

Henry moes ’n kwaai aanslag van die ervare Jason Smith afweer om eerste op die punteleer te eindig.

Deelnemers wat tweede, derde of vierde klaargemaak het se Spele-droom is ook nog nie verby nie. Hul sal tydens die Last Chance-kwalifiseersessie nog ’n geleentheid kry om hul stempel af te druk.

  • Uitslae:

Mans:

  1. Kealan Henry: 516 punte (kwalifiseer vir Spele)
  2. Jason Smith: 504 punte
  3. Darren Zurnamer: 492 punte
  4. Ruan Potgieter: 457 punte
  5. Mohamed Elomda: 446 punte.

Vroue:

  1. Michelle Merand: 552 punte (kwalifiseer vir Spele)
  2. Christina Livaditakis: 512 punte
  3. Michelle Basnett: 488 punte
  4. Leeverne Engelbrecht: 475 punte
  5. Anneke Spies: 436 punte.

Spanne:

  1. CrossFit Commit Okavango: 580 punte (kwalifiseer vir Spele)
  2. CrossFit Tijger Valley Unit: 570 punte
  3. BST CrossFit: 545 punte
  4. CrossFit Firebolt: 490 punte
  5. Motley Crew CrossFit: 400 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.