F1: Verstappen spring weer voor weg

Max Verstappen en Sergio Perez. Foto: Andrej Isakovic/AFP.

Max Verstappen spring vanmiddag voor weg in die Oostenrykse Grand Prix op die Red Bull Ring in Spielberg, Styria. Hy het die snelren gewen om vir die eerste wegspringplek te kwalifiseer en boonop agt punte daarvoor gekry in die bestuurderskampioenskap.

Verstappen het beide Grand Prix wat verlede jaar op die baan plaasgevind het, gewen. Die Nederlander het op Imola ook die snelren gewen en 24-uur later die hoofwedren.

Charles Leclerc en Carlos Sainz van Ferrari spring onderskeidelik in die tweede en derde plekke weg. Leclerc het gesê hy hoop op ʼn goeie wegspring want dan kan hulle meer druk plaas op Verstappen.

George Russell (Mercedes) spring in die vierde plek weg en Verstappen se spanmaat, Sergio Perez, in die vyfde plek. Hy moes deur die motors vleg want hy het die snelren in die 13de plek begin.

Lewis Hamilton (Mercedes) spring in die agste plek weg. Beide Russell en Hamilton het ongelukke gehad in die kwalifiseringsrondes en werktuigkundiges moes spring om hul motors gereed te hê vir die snelren.

Volgens Hamilton sal hy vandag alles gee.

Verstappen is 38 punte voor Perez in die bestuurderskampioenskap en 44 punte voor Leclerc.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.