Die tweede laaste Formule Een Grand Prix van 2018 is Sondag op die Jose Carlos Pace-baan in die distrik van Interlagos in Sao Paulo Brasilië gejaag. Die wedren oor 71 rondes is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Max Verstappen (Red Bull) tweede en Kimi Raikkonen (Ferrari) derde.
Mercedes het ook met dié oorwinning die vervaardigers-afdeling vir ʼn vyfde jaar in ʼn ry gewen.
Ná Saterdag se kwalifisering was die nuwe wêreldkampioen, Lewis Hamilton (Mercedes), in die eerste plek op die wegspringrooster.
1 Lewis Hamilton (Mercedes) 01:07.281
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 01:07.374
3 Valtteri Bottas (Mercedes) 01:07.441
4 Kimi Raikkonen (Ferrari) 01:07.456
5 Max Verstappen (Red Bull) 01:07.778
Met die wegtrek het die twee Mercedes motors (Lewis Hamilton en Valtteri Bottas) die voortou geneem met Ferrari derde en vierde. Tydens ronde vier het Red Bull se Max Verstappen opgeskuif na die derde plek met (Raikkonen en Vettel) van Ferrari vierde en vyfde. Verstappen het in ronde 10 ook by Valtteri Bottas (Mercedes) verby geskuif om die tweede plek in te neem.
Tydens ronde 20 het Mercedes beide hul motors na die kuipe geroep vir nuwe bande. Ferrari het gewag tot ronde 28 voordat hulle bande geruil het.
By die halfpadmerk (36 rondes) was die voorloper Red Bull se Max Verstappen. Lewis Hamilton en Valtteri Bottas van Mercedes was tweede en derde en Kimi Raikkonen en Sebastian Vettel van Ferrari vierde en vyde.
In ronde 44 het Verstappen getol nadat hy kontak gemaak het met een van die agterste motors en Hamilton het die voortou geneem. Verstappen was tweede, Raikkonen derde, gevolg deur Bottas, Ricciardo en Vettel.
Die wedren is uiteindelik deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Max Verstappen (Red Bull) tweede en Kimi Raikkonen (Ferrari) derde. Daniel Ricciardo (Red Bull) was vierde, Valtteri Bottas (Mercedes) vyfde en Sebastian Vettel (Ferrari) sesde.
Op die jongste punteleer is Hamilton 80 punte voor Vettel.
1 Lewis Hamilton (Mercedes) 382
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 302
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 251
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 237
5 Max Verstappen (Red Bull) 234
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 158
In die vervaardigers-afdeling het Mercedes hul vyfde agtereenvolgende titel ingepalm. Op die punteleer is Mercedes nou 67 punte voor Ferrari.
1 Mercedes 620
2 Ferrari 553
3 Red Bull 392
4 Renault 114
Die laaste wedren word op 25 November in Abu Dhabi gejaag.
Nog inligting is beskikbaar by: https://www.formula1.com/
Dit was al die pad Verstappen se ren, totdat hy van die baan afgehaal is. Lewis het geluk gehad, maar wat ‘n opwindende wedren!
Ek weet die FIA het opgetree teen Verstappen, maar sy span moet ernstig met hom praat. Hy bestuur soos ‘n veteraan maar gedra hom soos ‘n tiener. Sy gedrag na die trofee oorhandiging is nie wat ek van ‘n profesionele sportman verwag nie. Dit was nie Lewis se skuld dat hy getol het nie, en om van die podium af te stap saam met die delegasie van mense wat die oorhandiging gedoen het, is nie profesionele gedrag nie, en die ondersteuners verdien dit nie.
Ferrari sal n plan moet maak, Red bull met hulle Renault engine is nou baie vinig.
Mercedes het die geld, maar volgende jaar gaan intersant wees. Verstapen is die een om the watch.
Waar maar volgende jaar het Redbull Honda enjins, en Honda het hierdie jaar bewys hulle is nie op standaard nie.