Horner krap kop oor Ferrari, Mercedes

Red Bull se Christian Horner. (Foto: Andrej Isakovic/AFP.)

Dinge lyk tog te rooskleurig by Red Bull ná die eerste vyf wedrenne van die nuwe seisoen.

Max Verstappen en Sergio Perez het tot dusver beurte gemaak om op die boonste trappie van die podium te staan, terwyl die span aansienlik meer punte op die vervaardigerspunteleer as sy naaste teenstander het.

“Vyf wedrenne, vyf oorwinnings én ʼn blitsrensege. Ons het nog nooit só ʼn aanloop tot die seisoen geniet nie,” het Christian Horner vir Sky Sports gesê.

Volgens die Red Bull-spanmaat kan die ander spanne se gesukkel tot Red Bull se beeldpoetssessies bydra.

Hy meen dat die motorvervaardiger met sy nuwe renmotor inderdaad ʼn tree in die regte rigting gegee het, maar dit wil lyk of die ander spanne agteruitgeboer het.

“Ons is ietwat verras dat die ander nie op dieselfde suiers as verlede jaar vuur nie, maar ek is oortuig dat hulle aandag aan die tekortkominge sal gee. Ons kan selfs al in Imola ʼn beduidende verbetering sien.”

Die 49-jarige Engelsman het egter nie die kans verby laat glip om met ʼn kwinkslag vorendag te kom nie.

“Ons het rêrig al begin wonder waar die ander is. Ons het die normale verbeterings in die afseisoen gedoen; wat het van Ferrari en Mercedes geword?” het Horner geskerts.

Ondanks Red Bull se oorheersing het hy gewaarsku dat daar nog baie water in die see moet loop.

“Ja, ons het ʼn uitstekende renmotor en ʼn sterk span, maar daar wag nog baie wedrenne op ons voordat die seisoen tot ʼn einde kom. Kom ons kyk net wat gebeur na die volgende paar sessies in Imola, Monaco en Barcelona.”

Wenners van 2023 se eerste vyf wedrenne:

Bahrein: Max Verstappen

Saoedi-Arabië: Sergio Perez

Australië: Max Verstappen

Azerbeidjan: Sergio Perez

Miami: Max Verstappen

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen: 119 punte
  2. Sergio Perez: 105 punte
  3. Fernando Alonso: 75 punte
  4. Lewis Hamilton: 56 punte
  5. Carlos Sainz: 44 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Red Bull: 224 punte
  2. Aston Martin: 102 punte
  3. Mercedes: 96 punte
  4. Ferrari: 78 punte
  5. McLaren: 14 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Duck ·

En moet tog nou nie die feit dat jul so ‘n bietjie “verneuk” het met die budget laasjaar en nou die Aerodynamics. Maar nou ja, almal vat maar “shortcuts” hier en daar. Good luck.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.