Lewis sê hy gaan aanhou veg vir gelykheid

 Lewis Hamilton. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

Op die vooraand van die 2021 F1-jaar het sir Lewis Hamilton op sosiale media gesê dat hy sal voortgaan om vir gelykheid in die sport te veg.

Die 36-jarige renjaer het verlede jaar die Black Lives Matter-beweging (BLM) ondersteun, terwyl hy ook swaarde met F1-legendes soos sir Jackie Stewart en Mario Andretti gekruis het.

Hamilton het die twee as onkundig bestempel weens hul gebrekkige steun vir sy veldtog teen rassisme.

Nou het hy op Twitter gesê baie water moet nog in die see loop voordat ’n mens ware verandering in die sport sal sien.

“Black Lives Matter. Verlede jaar het sommige van ons die knie ter ondersteuning van gelykheid gebuig en ek is baie trots daarop,” het Hamilton geskryf.

Die wêreldkampioen het ook gevra wat volgende sal gebeur omdat ongelykheid, volgens hom, steeds die septer in die sport en in die wêreld swaai.

Hy het aangevoer dat die wêreld steeds na gelykheid vir alle mense moet streef en dat almal hulself aanspreeklik daarvoor moet hou.

“So lank as wat daar suurstof in my longe is, sal ek aanhou om vir verandering te veg. Ek sal myself beywer om geleenthede vir swart kinders te skep in vakgebiede soos die wetenskap en ingenieurswese.”

Mercedes-Benz het ook intussen aangedui dat hulle Hamilton sal ondersteun en volgens berigte is die moontlikheid groot dat hul renmotor weer eens swart geverf sal word.

Nie almal stem egter met Hamilton saam nie.

Verskeie renjaers het verlede jaar besluit om nie die knie te buig nie, terwyl Stewart sy optrede bevraagteken het.

“Lewis is taamlik uitgesproke oor hierdie dinge, tog dink ek daar is nie só ’n groot probleem nie. Niemand sal teenstand bied as iemand slim is en goed is in wat hulle doen nie; jy sal in F1-kringe aanvaar word,” het die driedubbele wêreldkampioen destyds gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andrew ·

Hy kan begin om ontslae te raak van al sy oorbodige huise, motors ens. En skole in Afrika kom bou

MakersMark ·

Ha ha soos gewoonlik is dit die mees bevoorregtes wat aanhou kerm oor rassisme en blm. Kyk hoe ongelyk is sy salaris kry hom eintlik jammer.

Racheltjie Debeer ·

Vir iemand wat 3 x meer verdien as sy spanmaat is hy ‘n goeie een om oor ongelykheid te kla. As hy regtig so ernistig is daaroor, hoekom het hy nie daarop aangedring dat sy salaris presies dieselfde is as sy spanmaat s’n nie????

MT ·

Met die lees van hierdie super-elite se sinnelose gebrabbel, onthou ek opnuut daardie bespotlike ‘gevegskreet’ van die kommuniste ter plaatse, nl.: “Pass one, pass all!”

Nou ja, dit is geskree in die naam van sg. “humanistiese gelykheid”, en wie sou kon dink dat hamilton ook op dieselfde sou aandring?

SomeOne ·

hy ken niks van afrika probleme nie, hy moet sy blm bril afhaal en liewers die alm een gebruik

Baardman ·

Verkoop jou goed en deel dan met die ander. Of wat verstaan jy van gelykheid

Jack ·

Die mense wat so gedurig kerm oor gelykheid is voor in die koor as dit kom by spesialisbehandeling en bevoorregting vir hulle self en hulle naasbestaandes. Dit laat my dink dat Nikita Chroetsjef op ‘n stadium gesê het dat in hulle kommunisties paradys alle mense gelyk is, maar sommige is meer gelyk as ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.