Novak op die wenpad in Australië

Novak Djokovic waai vir sy ondersteuners in Adelaide. Foto: Brenton Edwards/AFP.

Oudergewoonte het Novak Djokovic die nuwe jaar op ʼn wennoot begin toe hy met Constant Lestienne in die Adelaide International 1-toernooi afgereken het.

Die Serwiese ster het die voorbereidingswedstryd vir die Australiese Ope op ʼn drafstap met 6-3 en 6-2 gewen.

Volgens die wenner van 21 Grand Slam-titels is hy tevrede met sy vertoning; veral omdat hy nog nooit vantevore teen die Fransman gespeel het nie.

“Daar is nie veel klagtes vir ʼn eerste wedstryd nie. Die eerste ses potte van die wedstryd was beslis ʼn uitdaging – Constant is ʼn baie mededingende speler en hy maak nie te veel foute nie. Maar toe ek eers die voortou geneem het, het ek al hoe beter begin speel,” het Djokovic gesê.

Dit was sy eerste wedstryd in die Adelaide-toernooi sedert 2007, toe hy as ʼn 19-jarige speler met die uiteindelike louere weggestap het.

Die Australiese Ope begin amptelik op 16 Januarie en Djokovic is die vyfde gekeurde speler.

Australiese Ope-inskrywingslys (mans):

  1. Carlos Alcaraz
  2. Rafael Nadal
  3. Casper Ruud
  4. Stefanos Tsitsipas
  5. Novak Djokovic
  6. Felix Auger-Aliassime
  7. Daniil Medvedev
  8. Andrey Rublev
  9. Taylor Fritz
  10. Hubert Hurkacz

Australiese Ope-inskrywingslys (vroue):

  1. Iga Swiatek
  2. Ons Jabeur
  3. Jessica Pegula
  4. Caroline Garcia
  5. Aryna Sabalenka
  6. Maria Sakkari
  7. Coco Gauff
  8. Daria Kasatkina
  9. Veronika Kudermetova
  10. Madison Keys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.