Peterhansel-skofsege gee voorsprong ’n hupstoot

Foto: Franck Fife/AFP

“Mnr. Dakar” – Stephane Peterhansel – het gister uiteindelik ’n Dakar-skof gewen toe hy die roete van 456 km in ’n tyd van 04:50:27 klaargemaak het.

Toyota se Nasser Al-Attiyah en Giniel de Villiers het die skof in onderskeidelik die tweede en derde plek voltooi.

Maar Peterhansel se skofsege beteken dat hy nou ’n algehele voorsprong van amper 18 minute oor Al-Attiyah geniet. En met die veldtydren wat einde se kant toe staan, is die kanse goed dat die 55-jarige Fransman wéér met die louere sal wegstap.

  • Skofuitslae:
  1. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) 04:50:27
  2. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) +12:00
  3. Giniel de Villiers/Alex Haro Bravo (Toyota) +12:19
  4. Yazeed Al Rajhi/Dirk von Zitzewitz (Toyota) +12:44
  5. Brian Baragwanath/Tye Perry (Century) +13:51
  6. Martin Prokop/Viktor Chytka (Benzina) +16:37
  7. Cyril Despres/Michael Horn (Abu Dhabi Racing) +18:45
  8. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Abu Dhabi Racing) +19:40
  9. Benediktas Vanagas/Filipe Palmeiro (Toyota) +19:56
  10. Nani Roma/Alexandre Winocq (BRT) +21:39
  • Algehele uitslae:
  1. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger 34:26:16
  2. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel +17:50
  3. Carlos Sainz/Lucas Cruz +01:02:25
  4. Jakub Przygonski/Timo Gottschalk +02:16:30
  5. Nani Roma/Alexandre Winocq +02:42:38
  6. Sheikh Kahlid Al Qassimi/Xavier Panseri +03:01:13
  7. Valdimir Vasilyev/Dmitro Tsyro +03:10:17
  8. Martin Prokop/Viktor Chytka +03:36:01
  9. Giniel de Villiers/Alex Haro Bravo +03:40:09
  10. Christian Lavieille/Jean-Pierre Garcin +04:10:32
  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.