SA’ner speel bofbal in die VSA

Tayler Scott. Foto: Facebook.

Tayler Scott, wat in Suid-Afrika gebore is, het sy debuut vir die Seattle Mariners in die VSA se Major League Baseball-kompetisie gemaak.

Die wedstryd het die afgelope naweek in Anaheim, Kalifornië, plaasgevind toe die Mariners teen die Los Angeles Angels te staan gekom het.

Scott volg in die voetspore van nóg ’n Suid-Afrikaner, Gift Ngoepe, wat 41 wedstryde vir die Pirates gespeel het, voor hy die skuif na die Blue Jays gemaak het.

Die 27-jarige Scott het sy debuut in die vierde beurt gemaak, maar sy span het 12 – 3 teen die Angels vasgeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.