Vlieënde Max is terug!

Max Verstappen vier sy sege in Saoedi-Arabië. Foto Andrej Isakovic/AFP.

Dit lyk of Red Bull se tegniese probleme iets van die verlede is, want ’n vlieënde Max Verstappen het Sondagaand eerste oor die wenstreep in Saoedi-Arabië gejaag.

“Dit was ’n taai en opwindende wedren. Ons het probeer om meer geduldig te bly en dit het beslis gewerk,” het die jong Nederlander gesê.

En vergeet maar vir eers van Verstappen teen Hamilton; die Red Bull-renjaer se tweestryd met Charles Leclerc sorg tans vir die meeste opwinding.

Hulle kruis sedert die eerste wedren in Bahrein gereeld swaarde en Verstappen het gister se tweegeveg met ’n puik verbysteek-maneuver laat in die wedren beklink.

“Die Ferrari’s is veral vinnig om die draaie, terwyl ons meer krag in die pylvak het. Selfs toe ek die voortou geneem het, was Charles die heeltyd op my hakke. Ek is dankbaar dat ons seisoen nou op koers is ná verlede week se teleurstelling.”

Lewis Hamilton moes met ’n tiende plek tevrede wees.

Sy Mercedes-vuurwa het tans nie dieselfde woema as van die ander renmotors nie en die sewemalige wêreldkampioen het teen die einde van gister se wedren gespook om by Kevin Magnussen in sy Haas te bly.

“Daar lê baie harde werk vir ons voor, maar ons het ’n uitstekende span en ons sal aanhou om om ons beste te gee,” het Hamilton gesê.

Die volgende wedren is op 10 April in Australië.

Uitslae:

  1. Max Verstappen (Red Bull)
  2. Charles Leclerc (Ferrari)
  3. Carlos Sainz (Ferrari)
  4. Sergio Perez (Red Bull)
  5. George Russell (Mercedes)
  6. Esteban Ocon (Alpine)
  7. Lando Norris (McLaren)
  8. Pierre Gasly (AlphaTauri)
  9. Kevin Magnussen (Haas)
  10. Lewis Hamilton (Mercedes)

Jaerspunteleer:

  1. Charles Leclerc 45 punte
  2. Carlos Sainz 33 punte
  3. Max Verstappen 25 punte
  4. George Russell 22 punte
  5. Lewis Hamilton 16 punte
  6. Esteban Ocon 14 punte
  7. Sergio Perez 12 punte
  8. Kevin Magnussen 12 punte
  9. Valtteri Bottas 8 punte
  10. Lando Norris 6 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Ferrari 78 punte
  2. Mercedes 38 punte
  3. Red Bull 37 punte
  4. Alpine 16 punte
  5. Haas 12 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andre ·

Wonerlike wedren Max ek wonder watse verskoning en wie blameer ou hamilton nou weer

Michael ·

Andre ek sal nie verbaas wees as dit sy erg benadeelde grootwordjare is nie

MakersMark ·

Opwindende wedren. Meer spanne kompeterend die seisoen. Bly die Lewis en Toto vertoning is oor.

piet ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voor Mercedes hul probleme uitstryk.

MakersMark ·

No problem piet hoe meer spanne kompeterend is hoe meer opwindende seisoen kan ons verwag.

Theo ·

Ek wens net die kommentators wil besef daar is meer as een deelnemer en nie net Hamilton en Toto Wolff nie.So bly hy het nerens gekom nie.

Boer ·

Gr8 race ek hoop dit hou so aan die hele jaar dit maak F1 weer lekker om na te kyk, even team HAAS is al beter.

Vonkprop ·

Sjoe dit was een van die beste renne in ‘n baie lang tyd. Goed om Ferrari daar bo te sien. Nou kan ons almal sien dat Hamilton net goed was omdat sy motor goed was en nie hy nie. Die oomblik as sy motor swakker is, val hy uit die bus uit. Verstappen het voor verlede naweek met stukkende stuur en petrol probleme steeds sy tweede posisie behou totdat hy later die aftog moes blaas. Dit is vernuf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.