Wees ʼn superheld tydens die Aquaman- virtuele padwedloop

Die Aquaman virtuele padwedloop word binnekort aangebied en soos Aquaman sou sê: “By die baard van Poseidon! Jy kan dié padwedloop gewis nie misloop nie!” Dié wedloop gaan groot pret wees en deur deel te neem gaan jy ook behoeftige kinders help. Moenie tyd mors nie – skryf in en word een van die duisende stappers en hardlopers wat op 6 September 2020 landwyd deel word van die Justice League Virtuele wedloop-kultuur – en wys dat hulle omgee vir hulle mede-Suid-Afrikaners! Dit is tyd om aan te pas by omstandighede.

Mense is wonderlike en aanpasbare wesens. Baie mense voel tans soos ’n vis op droë grond, terwyl ander aanpas en selfs vooruitgaan weens die huidige omstandighede. Aquaman is ewe tuis in die water én op land – een van die redes waarom hy so ’n bekende superheld is. Hy is tuis waar hy homself ook al bevind.

Aquaman is bekend vir sy vermoë om onder water asem te haal en met visse te praat, maar hy het ook baie ander supervermoëns. Almal weet dat Aquaman vinniger kan swem as enige vis in die water en enige skip op die see. Omdat hy egter supersterk is en sy reflekse 15 keer vinniger is as dié van ‘n normale mens, is hy ook ’n blitsvinnige hardloper en het hy ’n uithouvermoë soos min. Hy is ’n gedugte superheld in enige omstandighede.

Van hardloop gepraat – het jy al ooit gewonder watter superheld hardloop die vinnigste of watter een het die langste asem? Sal dit Superman of The Flash wees? En wie swem die vinnigste? Aquaman, Superman of The Flash?

Dit is dalk ’n nuwe uitdaging om aan te pak! Doen al die wedlope en kyk in watter T-hemp jy die beste tyd doen – as Superman, Wonder Woman, Aquaman, Batman of The Flash.

Aquaman veg nie net skurke soos ander superhelde nie, maar kom gereeld teen seemonsters te staan waarteen hy verbete veg om te wen. Elkeen van ons het ook monsters wat soms voor ons deur kom staan. Om weg te hardloop, help nie. Indien ons almal saam staan kan ons ook die huidige monster teenstaan en verslaan.

Onthou, of jy nou deelneem om te presteer of net vir die pret loop of hardloop – jy help behoeftige mense. Om ander te help, is wat superhelde doen. Neem deel en verdien jou superheld-status. Suid-Afrika en die wêreld het nou mense nodig wat mekaar help. Skryf in en neem deel aan die Aquaman Virtuele-padwedloop, dra jou superheld-T-hemp en wys dat jy ook kan aanpas by veranderinge en bereid is om jou medeburgers te help.

Suid-Afrika is die eerste land in Afrika wat die Justice League Virtuele Wedloopreeks aanbied – en die Aquaman Run is die derde in ‘n reeks van vyf – elkeen met sy eie karakter en betekenis. Al die wedlope word ten bate van behoeftige kinders aangebied. Skryf in en neem deel aan die wedloop! Beter nog, doen die hele reeks! Jy gaan dit geniet, dit is gesond en prettig en dit is vir ‘n goeie saak!

Die 2020 Justice League Virtuele Wedloop-reeks word op die volgende datums aangebied:
Sondag, 9 Augustus: Wonder Woman-wedloop
Sondag, 6 September: Aquaman-wedloop
Sondag, 4 Oktober: Batman-wedloop
Sondag, 8 November: The Flash-wedloop
Sondag, 13 Desember: Superman-wedloop

Volg die Justice League Virtual Run Series:
Facebook & Instagram: @JLRunseries 
#JLRunSeries20 #VirtualHeroes

Besoek die webwerf om in te skryf:
www.justiceleagueseries.co.za

Besoek die Justice League Series aanlyn winkel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.