Silwer vir blitsige Simbine

Akani Simbine. (AP Photo/Tim Ireland).

Suid-Afrika se Akani Simbine het gister tweede in die 100 m met ’n spogtyd van 9.99 sekondes by die IAAF Wêreld-uitdaagbyeenkoms in Berlyn geëindig.

Hoewel hy vir ’n ruk voorgeloop het, is hy deur Kanada se Andre de Grasse ingehaal. Die Kanadees het uiteindelik die wedloop met ’n tyd van 9.97 sekondes gewen; Jamaika se Tyquendo Tracey was derde.

In die vroue se 100 m-hekkiesitem was Nigerië se Tobi Amusan se tyd van 12.51 sekondes genoeg vir die goue medalje, met Amerika se Christina Clemons in die tweede plek.

In die 2 000 m-hinderniswedloop het Duitsland se Gesa Felicitas Krause die wêreldrekord laat spat toe sy haar item in 5:52:80 minute afgeblits het. Die vorige rekord is deur Kenia se Virginia Nganga gehou. Haar tyd was 6:02:16 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.