Gholf: Louis steek steeds sy nek uit

(Foto: Pexels/Pixabay)

Dit is sekerlik te veel van Louis Oosthuizen gevra om sy nek uit te steek by die 3M-gholftoernooi wat by TPC Twin Cities in Minnesota gespeel word, slegs ʼn paar dae ná sy vertonings by verlede week se Britse Ope wat by Royal St. George’s in Kent beslis is.

Maar Oosthuizen het nie teleurgestel nie en skaars nadat hy grond gevat het, die derde ronde in 69 houe voltooi nadat hy 68 en 68 houe in die eerste twee rondes aangeteken het.

Oosthuizen het op 205 ná drie rondes geëindig en is saam 16de, net vier houe agter die Amerikaner Cameron Tringale (201), wat alleen in die voortou is.

Hy word gevolg deur sy landgenote Maverick McNealy en Gary Woodland (albei op 202).

Suid-Afrika se Charl Schwartzel vaar puik is en op 203 houe saam vierde.

Mathys Daffue (211) en Erik van Rooyen (215) maak ook hul stemme dik.

* In Newport in Wallis is die Spanjaard Nacho Elvira (195) vyf houe voor ná die eerste drie rondes van die Gazoo-Ope wat deel is van die Europese reeks.

Suid-Afrika se Justin Harding (203) is saam met die Amerikaner Chase Hannah en Miko Korhonen van Finland derde, met Jacques Kruiswijk (206) en Bryce Easton (207) ook in die wedloop.

* In die Evian-kampioenskappe vir vroue wat in die noordooste van Frankryk gespeel word en as een van vroue-gholf se majors beskou word, het die Koreaan Jeon-Geun Lee6 haar voorsprong in die derde ronde vergroot.

Lee6 is op 195 houe vyf houe voor Yealimi Noh van Amerika (200) en Lydia Ko van Nieu-Seeland (201).

Suid-Afrika se Paula Reto (211) is in die 40ste posisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.