Europa was uit die staanspoor in die toernooi by die Hazeltine-gholfbaan in Minnesota onder druk toe hy Vrydag die eerste kompetisie, die beurtspel, 0-4 verloor het. Hy het Sondag met ʼn agterstand van 6½- 9½ afgeslaan. Europa se spelers het vroeg goed op die telbord vertoon, maar soos die wedstryde gevorder het, het die groter ervaring van die tuisspelers sy tol geëis teen die Europeërs wat ses nuwelinge aan die toernooi bekendgestel het.
Die hoogtepunt van die dag se spel was die wedstryd tussen Phil Mickelson en Sergio Garcia wat gehalveer is. Albei spelers het in die wedstryd ʼn nieamptelike 63 houe gespeel en gesamentlik 19 voëltjies aangeteken.
Punte benodig om te wen: 14,5
Telling: VSA 17, Europa 11
Reed (VSA) wen 1-voor teen McIlroy
Stenson (Europa) wen 3&2 teen Spieth
Pieters (Europa) wen 3&2 teen Holmes
Cabrera Bello (Europa) wen 3&2 teen Walker
Fowler (VSA) wen 1-voor teen Rose
Koepka (VSA) wen 5&4 teen Willett
Mickelson gelykop teen Garcia
Snedeker (VSA) wen 3&1 teen Sullivan
Moore (VSA) wen 1-voor teen Westwood
Z Johnson (VSA) wen 4&3 teen Fitzpatrick
D Johnson (VSA) wen 1-voor teen Wood
Kaymer (Europa) wen 1-voor teen Kuchar
well done aan die amerikaners..was golf van perfekte gehalte! Mickelson en Garcia was die kersie op die koek..