342 – Proteas se hoogste telling in maande

Die Proteas vier Kraigg Brathwaite se paaltjie. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Ná die Proteas se onlangse gesukkel om die 200-lopie-kerf op die telbord verby te steek, is hulle vandag teen die Wes-Indiese Eilande vir 342 lopies op SuperSportpark uitgeboul.

Die Suid-Afrikaners het vanoggend hul beurt op 314/8 hervat en Gerald Coetzee het saam met Anrich Nortjé die telbord aan die rol met ʼn paar grenshoue gehou.

Alzarri Joseph het egter van al twee stertkantkolwers ontslae geraak om met ʼn boulontleding van 5/81 te spog.

Die Windies-kolflys is egter ook maar aan die brose kant en Kagiso Rabada het reeds van Kraigg Brathwaite ontslae geraak.

Die Suid-Afrikaanse blits het met die perfekte aflewering vorendag gekom om die toppunt van die besoekende kaptein se wegpen te tref.

Voeg daarby die vaart van Nortjé en Coetzee saam met die wip van Marco Jansen en die Windies kan hulself maar staal vir ʼn vurige snelbouler-aanslag.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 342/10 in 86,3 boulbeurte: Aiden Markram 115, Dean Elgar 71 en Alzarri Joseph 5/81.

Wes-Indiese Eilande 27/1 in 8 boulbeurte: Kagiso Rabada 1/7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manie ·

342/10 is geen prestasie wanneer jy 200/1 op die telbord gehad het nie.

Hennie Biebouw ·

Hulle was 1-141 …en het 9 paaltjies verloor vir ‘n raps meer as 200 lopies, en dit teen ‘n bitter swak Windies span. Niks het regtig verander nie…..

George ·

Weer, teen WESINDIE, bygese die swakste WI span in 30jaar.

Fran ·

As hulle ‘n beter kaptein gehad het sal hulle nog beter kan doen. Die mannetjie dwing nou maar eenmaal nie gesag of respek af nie.

George ·

Soos Elgar? Wat n gemiddeld van 15.67 as kaptein gehad het na 17toetse?

Kuver ·

Suid Afrika 2 de beurt 43 vir 4, bavuma 2 de nulletjie, whahahaha

George ·

en Elgar n enetjie, weer lol gee bavuma dieselfde kans as sir Elgar – 17toetse met n avg van 15.67

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.