Aussies gereed om uitklophou te plant

Australië se Josh Hazlewood (links) en Engeland se Jos Buttler in Brisbane (11 Desember 2021) (Foto: Patrick Hamilton/AFP)

Die Engelse krieketspan kort ʼn hele paar spelers met durf en daad, soos die Proteas-kaptein, Dean Elgar, as hulle enigsins ʼn kans wil staan om die vyfde toets in die reeks om die As te red.

Dis nou daai ouens wat in die kleedkamer met blou en pers kolle spog omdat hulle nie bereid is om voor die teenstanders te swig nie.

Die Aussies, wat die tweede dag van dié dag-aand-toets in Hobart Tasmanië op 37/3 afgesluit het, het ʼn voorsprong van 152 lopies en is op pad om die reeks met  4-0 te beklink nadat die vierde toets onbeslis geëindig het met Engeland se laaste twee kolwers, Stuart Broad en Jimmy Anderson, wat kwaai wal moes gooi.

Die Aussies se oorheersing het gevolg nadat hulle Saterdagoggend vir 303 in hul eerste beurt uitgehaal is, waarna Engeland die soveelste keer in die reeks boedel oorgegee het en vir 188 lopies uitgeknikker is.

Die Engelse kolwers was weer nie teen die kartetse van Pat Cummins (4/45) en Mitchell Starc (3/53) bestand nie.

As die Aussies se veldwerkers nie bottervingers gehad het nie, was die telling nog kleiner.

Die stertkantkolwer Chris Woakes het 36 lopies aangeteken en die kaptein, Joe Root, 34.

As enige iemand nog bereid is om daarop te wed dat Engeland, wat 14 agtereenvolgende toetswedstryde verloor het en 11 jaar laas ʼn toetswedstryd in die reeks om die As kon wen, sake kan omkeer, sal hy baie waagmoed aan die dag moet lê.

Die Engelse het die vyfde keer in nege kolfbeurte inmekaargeplof en kon nog nie een keer in die eerste vier toetse (en Saterdag) 300 lopies aanteken nie.

Met ʼn groen kolfblad en bewolkte toestande wat steeds op die Engelse wag, is daar eintlik geen kans op ʼn oorwinning nie. Soos telkemale al gesê, dit lyk asof Engeland te veel klem op witbalkrieket (eendag en T20) lê en al hul aandag daarheen verskuif het.

Hul kolwers se tegniek laat veel te wense oor en met die Aussies se snel- en naatboulers wat op hul stukke op boulersvriendelike blaaie bly, kan daar net een wenner wees tensy die Aussies te gulsig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.