SA bied krieketskouspel in 2027 aan

Foto: Jewel Samad/AFP.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het bevestig dat Suid-Afrika in 2027 saam met Zimbabwe en Namibië gasheer vir die Wêreldbeker-kriekettoernooi (50 boulbeurte) sal speel.

Dit sal die eerste keer in Namibiese krieketgeskiedenis wees dat dié land die toernooi aanbied, terwyl daar reeds in 2003 wedstryde in Suid-Afrika en Zimbabwe gespeel is.

Die Proteas kon destyds nie vir die uitspeelwedstryde van die toernooi kwalifiseer nie omdat die Suid-Afrikaners met die Duckworth/Lewis-berekeninge gesukkel het.

Daar sal ook vir die eerste keer ’n groot toernooi in die VSA gespeel word wanneer die Amerikaners in 2024 die T20-Wêreldbeker saam met die Wes-Indiese Eilande aanbied.

Bepalings:

Junie 2024: T20-Wêreldbeker in die VSA en die Wes-Indiese Eilande.

Februarie 2025: IKR-kampioenbeker in Pakistan

Februarie 2026: T20-Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka

Oktober/November 2027: Wêreldbeker in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe

Oktober 2028: T20-Wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland

Oktober 2029: IKR-kampioenbeker in Indië

Junie 2030: T20-Wêreldbeker in Engeland, Ierland en Skotland

Oktober/November 2031: Wêreldbeker in Indië en Bangladesj.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

donsie ·

hoop regtig ons is teen daardie tyd al uit ons covid tronk bevry

Hein ·

Hopelik gaan ons teen dan nog ‘n krieketspan he wat kompenteer en nie ‘n Zim of Nam is nie.

Harley Davidson ·

Hopenlik word spelers dan op meriete gekies sonder om knie te buig voor ‘n wedstryd.

piet ·

Lekker, ek is seker een van die min ouens wat hou van die 50-overs. Lekker heeldag krieket maar belangriker is dat kolwers behoorlike beurte kan speel en die boulers ‘n regverdige kans het om hulself te bewys (uit te blink of te faal).

Waarnemer ·

Hopelik sal die krieketspelers teen daardie tyd afgesien het van hulle belaglike BLM knie buigery.

Jack ·

Lekker lag ek nou.Die kanse dat SA nog funksioneel en staande gaan wees kom 2027 is baie baie skraal.Julle is baie optimisties.Die land het meskien nog twee jaar of so oor voordat hier totale chaos en anargie gaan uitbreek.Dalk nog voor dan.Die geld is klaar,Eskom val en daar die ANC ploeter voort.Sport is die laaste ding waaroor enige iemand nou moet debateer.

piet ·

Ek sal jou kommentaar dagboek en in 2027 weer hier op Maroela vir jou antwoord nadat ons as wereldkampioen gekroon is.

SomeOne ·

ons is nog nie eers klaar met 2021 nie, en julle praat va 2027, daar gaan nog baie, baie water in die see loop, julle weet nie eers wat more gaan gebeur nie, droom lekker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.