Die wêreldwye Covid-19-pandemie het gesorg dat sportbeheerliggame wêreldwyd ’n finansiële knou gekry het. Tog het verskeie sportsterre in dié tyd skatryk geword.
Switserland se Roger Federer was verlede jaar bo-aan die lys van Forbes se hoogsbetaalde sportsterre toe hy $106 miljoen in sy sak gesteek het.
Maar die gevegskuns-ster Conor McGregor het hom nou uit sy goue troon gelig.
Die veglustige Ier is weliswaar deur Dustin Poirier in hul UFC-geveg oordonder, maar hy het steeds ’n ongelooflike $180 miljoen in sy sak gesteek. Dit is hoofsaaklik te danke aan die sukses van sy Proper No. Twelve- whiskey.
Volgens Forbes is dit die eerste keer dat vier sportsterre meer as $100 miljoen verdien het. Lionel Messi ($130 miljoen), Cristiano Ronaldo ($120 miljoen) en Dak Prescot ($107,5 miljoen) het saam met McGregor al glimlaggend na die bank gestap.
- Forbes se jongste lys:
- Conor McGregor (gemengde gevegskuns) $180 miljoen
- Lionel Messi (sokker) $130 miljoen
- Cristiano Ronaldo (sokker) $120 miljoen
- Dak Prescot (Amerikaanse voetbal) $107,5 miljoen
- LeBron James (basketbal) $96,5 miljoen
- Neymar (sokker) $95 miljoen
- Roger Federer (tennis) $90 miljoen
- Lewis Hamilton (motorsport) $82 miljoen
- Tom Brady (Amerikaanse voetbal) $76 miljoen
- Kevin Durant (basketbal) $75 miljoen
- Forbes se vorige lys:
- Roger Federer (tennis) $106 miljoen
- Cristiano Ronaldo (sokker) $105 miljoen
- Lionel Messi (sokker) $104 miljoen
- Neymar (sokker) $95,5 miljoen
- LeBron James (basketbal) $88,2 miljoen
- Stephen Curry (basketbal) $74,4 miljoen
- Kevin Durant (basketbal) $63,9 miljoen
- Tiger Woods (gholf) $63,2 miljoen
- Kirk Cousins (Amerikaanse voetbal) $60,5 miljoen
- Carson Wentz (Amerikaanse voetbal) $59,1 miljoen