‘n Gewese losskakel van die Cheetahs het Sondag 18 punte in die Franse Top14-liga behaal, maar vir twee van sy landgenote het die Europese reekse geel kaarte opgelewer.
Willie du Plessis het al drie Bayonne se drieë teen Brive verdoel en vier strafdoele bygevoeg.
Sy span het 33-23 gewen.
Gerhard Human, die agsteman van Brive, wat Curriebekerrugby vir die Blou Bulle en die Griekwas gespeel het, het ‘n geel kaart gekry.
Anglo-Walliese Beker
Ligtoring Landman, ‘n slot van Newport Gwent Dragons, het ‘n geel kaart in sy span se wedstryd in die reeks om die Anglo-Walliese Beker teen Newcastle gekry.
Newcastle het die kragmeting in die uitklopreeks tussen die 12 top- Engelse klubs en die vier Walliese streekspanne 18-6 gewen.
Landman het Superrugby vir die Lions en die Cheetahs gespeel.