Barnes wou fluitjie wegbêre ná Marseille-toets

Wayne Barnes in aksie tydens die Jaareindtoets tussen die Springbokke en Frankryk in Marseille. Foto: Christophe Simon/AFP.

Wayne Barnes het op The Good, the Bad & the Rugby-podsending gesê dat hy dit oorweeg het om sy skeidsregterfluitjie ná die toets tussen die Springbokke en Frankryk in Marseille weg te bêre.

Die 43-jarige Engelsman en sy gesin het ná die afloop van die toets kwaai onder aanlyn boelies deurgeloop; op sosiale media maak dinge immers baie vinnig die sprong van kritiek na beledigings en dreigemente. Rassie Erasmus, SA Rugby se direkteur van rugby, het boonop na afloop van die wedstryd van die besluite wat Barnes gemaak het op Twitter bevraagteken.

“Dit is die wêreld waarin ons leef. Maar dit is ek wat die besluit gemaak het om ʼn skeidsregter te wees; nie my vrou [Polly] en my kinders nie,” het Barnes gesê.

Volgens die veteraanskeidsregter was sy vrou reeds op die aand van die toets in die spervuur. En dinge het gou lelik geword.

“Daar was onder meer dreigemente van seksuele geweld, terwyl die kinders ook gedreig is. Wanneer ons kinders deurloop vat dit dinge na die volgende vlak.”

Barnes, ʼn regsman van beroep, het sy internasionale skeidsregterbuiging in 2003 tydens die o. 19-Wêreldbekertoernooi in Frankryk gemaak en die onlangse aksie in Marseille was sy 100ste toets as fluitjieblaser.

“ʼn Mens doen baie ervaring op wanneer jy aan die stuur van 100 wedstryde was, maar niks kan jou hierop voorberei nie. Dit is ongetwyfeld ʼn opoffering, maar wanneer dit jou gesin beïnvloed, begin jy dinge in oënskou te neem.”

Erasmus het na afloop van die toets teen Frankryk beslissings uitgelig wat die Springbokke benadeel het.

Hy het egter dit duidelik gemaak dat die twiets nie soseer op die skeidsregter gemik is nie, terwyl hy ook enige boeliegedrag veroordeel het.

Volgens Barnes kan hy nie met sekerheid sê dat die dreigemente hul oorsprong in Erasmus se twiets het nie. Tog is hy ontevrede dat die korrekte prosedure nie gevolg is nie.

“As mense sien hoe iemand in ʼn gesagsposisie – wat veronderstel is om die waardes van die spel te onderskraag – in die openbaar ʼn skeidsregter kritiseer, wat verhoed hulle dan om nie presies dieselfde te doen nie?”

Hy erken dat hy foute maak en dat hy graag met afrigters oor ʼn wedstryd wil gesels.

“Wanneer ek verkeerde beslissings gemaak het, is dit vir my belangrik om daaruit te leer en te verbeter.”

Hy het bygevoeg dat Andrew Brace ook ná ʼn Sesnasiestoets tussen Engeland en Frankryk deurgeloop het. Kwaadstokers het toe kommentaar op die doodsberig van die Walliese skeidsregter se pa gelewer.

“Iets moet gedoen word. Skeidsregters moet hierteen beskerm word,” sê Barnes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fran ·

As jy swak beslissings gemaak het moenie nou kom huil nie Barnes! Gebruik die TMO en jy kan mos kyk of die beslissing reg was of nie. Swak skeidsregter!

Kuver ·

Zumbucks(sa rugby) en ondersteuners n klomp ” cry babies” wanneer hulle verloor boe hoe hoe

vuurvliegie ·

So verwoes Rassie die blasers se lewens. Ek wonder hoe sal Rassie optree as sy familie gedreig word met die dood en verkragting. Tyd dat Rassie aanspreeklik gehou word vir sy dade en optreedes.

Manie ·

Het jy 2 weke gelede se artikel gelees waar Wêreldrugby erken het dat blasers die Bokke onnodig straf en uit sekere wedstryde blaas? Hulle het selfs Rassie versoek om hulle behulpsaam te wees om die probleme aan te spreek.

JN ·

Ag asseblief get a life..
So omdat Rassie blatante foute uitwys en waar die TMO tussen beide kon tree maar kies om die ander kant toe te kyk is dit nou alles sy skuld?
Die skeidregters erken nou hul foute vir die eerste keer en dit omdat dinge warm word omdat hul foute duidelik uitgewys word vir almal om te sien en waar die WRU vir jare vir jare stil stil die moedswillige foute onder die mat invee sonder verantwoording??
Waar was Rassie verkeerd? Wat hy gewys het was feite…
Asb bewys hom verkeerd as jy kan.
Al wat ter sprake is is die kanale wat hy gebruik om dit bloot te stel.
Maar hy het die bal aan die rol gesit en skielik weet die wereld rugby dat hul sal moet begin optree teenoor swak skeidregters beslissings!
Dit is siek dat sekere wesens die situasie uitbyt en soos parasiete teer op wat Rassie utigewys het. As die WRU al van die begin af die skeidsregters op meriete gegradeer en hul verantwoordelik gehou het vir hul foute dink ek nie ons sou nou hier gesit het nie!

Treurwilger ·

Wêreldrugby het werk om te doen.
Dit raak verby belaglik.
Vir hulle om erkenning te gee aan Rassie Erasmus se besware dat die Bokke benadeel word, is ‘n flater van die eerste water. Nie veel hoop vir oplossings met te min grysstof in die rondte.

Hoekom ·

Aksies, reg of verkeerd, het nagevolge, of dit nou ‘n tweet of ‘n fluitjie is maak nie saak. Hierdie aksie moet jy kan dra op jou skouers of jy nou wil of nie…

piet ·

Seker weer ‘n paar brandewyn-besope Afrikaners. As ek so lees hoe hierdie aksies gekondoneer word in die kommentare hier, reken ek ek kan reg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.