Bulls wen weer op Loftus

Handré Pollard was weer in die kol met drie strafskoppe. Foto: GB Jordaan.

Dit was dalk nie die mooiste wedstryd nie (die eerste helfte was weliswaar glad nie sleg nie), maar die Bulls is weer op die wenpad nadat hulle die Waratahs met 28–21 op Loftus Versfeld geklop het.

Die Pretorianers se skrummasjien – met Lizo Gqoboka, Jaco Visagie en Trevor Nyakane voor in die koor – was in ’n verwoestende bui en die Aussies was gereeld in trurat.

Die Bulls se skrum-oorheersing het gesorg dat Handré Pollard die bal op die voorvoet ontvang het en die tuisspan het ’n rustydvoorsprong van 18–7 geniet. Dít te danke aan Pollard se skopvoet en twee drieë deur Warrick Gelant en Duane Vermeulen.

Die proefneming met Johnny Kotze en Dylan Sage as die senterpaar het goed afgeloop, terwyl RG Snyman ook ’n pluimpie verdien vir die manier waarop hy die Waratahs gekasty het. Die slot lyk weer pure Bok ná vanmiddag se vertoning.

Momentum is egter ’n vreemde ding. Wanneer dit aan jou kant is, is jy basies onstuitbaar, maar wanneer jy dit verloor, is dit ’n perd van ’n heeltemal ander kleur.

RG Snyman in aksie. Foto: GB Jordaan

Hoewel die Bulls eerste in die tweede helfte punte aangeteken het – danksy nóg ’n Pollard-strafskop – het die Waratahs die Bulls-verdediging begin onkant betrap om twee vinnige drieë te druk.

Skielik was die telling 21-elk en die ’Tahs het begin Bulls-bloed ruik. Tog het nóg ’n voorspeler, Simphiwe Matanzima, tot die Bulls se redding gekom toe hy die perfekte lyn gehardloop het om laat in die tweede helfte vir ’n drie deur te bars.

Dit is die Bulls se sesde sege van vanjaar se reeks, maar hulle sal aan hul bestendigheid moet werk. En om eerlik te wees, as hulle volgende week teen die Crusaders speel soos wat hulle vandag gespeel het, gaan hulle waarskynlik nie aan die wenkant wees nie.

Hulle is tans die voorste SA span op die punteleer met hul 28 punte. Die Crusaders het ’n gemaklike voorsprong – hulle is met 42 punte die beste span in vanjaar se reeks.

Tog het die Sharks gewys hulle is tembaar – of jy kan ten minste ’n gelykop uitslag afdwing.

Puntemakers:

Bulls: Drieë: Warrick Gelant, Duane Vermeulen, Simphiwe Matanzima. Doelskoppe: Pollard (2). Strafskoppe: Pollard (3).

Waratahs: Drieë: Nick Phipps, Kurtley Beale, Curtis Rona. Doelskoppe: Bernard Foley (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Babertondaisy ·

Netjiese wen vir die bulle. Die mannetjies van down under pap geskrum.

Hendrik ferreira ·

Wat wen een verloor een meer van wen een verloor vyf.

Babertondaisy ·

Bulle fantasties geskrum. En gescore toe dit saak maak. Schaun en Hendrik watter SA spanne volgende julle is “goeie spanne” wat heeltyd wen ???

schaun ·

Ek ondersteun die Crusaders, ten alle tye die 15 beste spelers op die veld geen kwotas nie net spelers volgens merriete speel .

Hennie ·

Ek is bly vir die bulle maar volgende naweek gaan ons ver verloor . Polard sukkel onder druk . Ons agter lyn lyk ook of hulle nie kan iets doen nie. Die voor spelers lyk goed.

Lol ·

Bulle, waneer julle wen praat niemand van kwota-spelers nie??? Het julle kort geheues?? Trevor en Lizo skrum nog heel jaar goed.

Swartwolf ·

Daar is ‘n reuse verskil tussen spelers van kleur en kwota spelers. Go figure. Praat eerder oor die skande un Buenos gisteraand.

Babertondaisy ·

Lol: waarom moet iets gese word oor kwota spelers ? Is Trevor en Lizo die beste in hul posisie beskikbaar vir die Bulle of is hulle spelers van kleur wat in die span is om kleur kwota doelwitte te bereik? Jy het klaar die vraag geantwoord.

Lol ·

@Babertondaisy: as die skoen pas…… hopelik gebruik julle die kwota woord nou meer verstandig.

Babertondaisy ·

@Lol: en jou punt is ? Die realiteit is meeste spanne het 40% kwota spelers insluitende die nasionale span bontebokke, asook die kaptein wat ‘n duidelike kwota aanstelling is. Goeie voorbeeld van hoe vernietigend die kwota sisteem is gaan kyk weer die wedstryd teen die All Blacks op Loftus laas jaar. Meeste rugby ondersteuners sal nooit die kwota doelwitte aanvaar nie en as jy dink jou aanmaninkie van “verstandig” gaan my stop om my uit te spreek daarteen dink weer.

LOL ·

@Barbertondaisy: ek stem saam met jou maar wees asb. spesifiek met wie en wie is nie kwota-spelers; begin by die huidige Bulls-span.

Stem 100% saam Kolisi is nie toetsrugby-materiaal en besit nie nodige leierseienskappe. Word te gou/veel deur opponente en die skeidsregter ge-intimideer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.