‘Die Losgemaal’: Voormalige Bokafrigter is jongste gas

Foto: Verskaf.

Vir Jacques “Cappie” Henning en Hein Diemont is daar niks lekkerder as om oor rugby in Afrikaans te gesels nie; en met die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika is daar ongetwyfeld baie dinge om oor te praat.

Die twee entoesiastiese leunstoel-ondersteuners – een ’n vryskut-sportvideoredigeerder en die ander ’n rekenmeester – is mal oor sport en hulle het Die Losgemaal, ʼn Afrikaanse aanlyn rugbygeselsprogram, van stapel gestuur.

Die konsep van Die Losgemaal behels dat die twee aanbieders ’n “kenner” of huidige/voormalige spelers as gaste nooi en dan met hulle gesels oor die jongste verwikkelinge in die Suid-Afrikaanse rugbylandskap.

Ná die teleurstelling van die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus sal die Springbokke die volgende twee kragmetings móét wen indien hulle met ’n reeksoorwinning wil wegstap.

Heyneke Meyer is die gas op Die Losgemaal. Foto: Lionel Bonaventure/AFP.

En is daar ’n beter persoon om mee te gesels as die voormalige Springbokafrigter Heyneke Meyer?

Meyer praat oor wat vir die Bokke verkeerd geloop het en wat hulle in die tweede toets kan doen om die bordjies te verhang.

Volgens die 53-jarige afrigter verwag hy nie veel nuwe truuks van die Bokke nie, maar dat hulle selfs nog meer op fisieke oorheersing sal konsentreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snowball ·

Hy sal seker presies weet wat fout is, veral ná die Springbokke se epiese nederlaag teen Japan tydens sy tyd as bokbreier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.