Ná jarelange waterprobleme sit sommige dele van Welkom, soos Riebeeckstad, tans weer vir die afgelope twee weke sonder water.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Julie 2021
‘Geen hoop’ vir vermiste vyf ná chemiese ontploffing
“Ons het nie enige hoop dat ons die vyf vermiste persone lewend sal vind nie.”
Rondloperleeu saai paniek in Nairobi
ʼn Leeu het Woensdagoggend paniek gesaai toe hy uit sy habitat in die Nairobi- nasionale park in Kenia ontsnap en tydens spitsverkeer in ʼn besige woonbuurt amok gemaak het.
14 gevonnis oor ontvoering, moord op 6 mans
Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag 14 mans gevonnis ná die moord op ses mans op ʼn plaas in die Joostenbergvlakte in Kraaifontein.
Só is SANW in Mosambiek ontplooi
Pres. Cyril Ramaphosa het meer inligting verskaf oor die 1 495 soldate wat in Mosambiek ontplooi is.
Foto’s: EFF ruk op na Huis Herfsblaar
“Ons wil hom weg hê,” sê werknemers oor die bestuurder van dié Pretoriase aftreeoord.
ToekomsVenster: God is ook daar
My gebed is dat dit vandag en elke dag vir jou troos en vrede sal bring.
Reusehulppakket ná skade weens oproer
Mboweni sê hoewel die meeste van die skade deur versekering gedek word, is die werklike terugslag vir die ekonomie die skade wat aan sakeondernemings en beleggersvertroue aangerig is.
Só vaar SA’ners by Olimpiese Spele
’n Samevatting van die Suid-Afrikaners se vertoning op die vyfde dag van die Olimpiese Spele in Tokio.
Ma, kinders baklei verwoed teen plaasaanvallers
“Hulle het my geslaan, rondgestamp en geskop dat ek op die grond val. Een van die mans wou my met die mes steek, maar my seuntjie het op sy rug gespring om hom te keer.”
Akademia kry wêreldbekende koordirigent
Hy is geweldig opgewonde om hierdie rol by Akademia te vervul en beskou dit as ʼn ongelooflike eer om die amptelike koordirigent van die instelling se heel eerste koor te wees.
Inperkings nie volhoubaar; IMF maan SA om begroting aan te pas
Gerhard van Onselen van Sakeliga verduidelik waarom die inperkingsmaatreëls nie ekonomies volhoubaar is nie en dat dit Suid-Afrika op ʼn glibberige glybaan van verdere inperkings plaas. Hy praat ook oor die IMF se druk op die regering om sy begroting aan te pas na die onluste vroeër die maand.
Nuuskommentaar: Breek ANC-sagteware SA se hardeware?
Eerder as om te vra waarom hierdie onluste gebeur het, is die vraag wat ʼn mens dan dalk moet vra waarom hierdie vlak van onluste enigsins moontlik was.
Deurbraak in ondersoek ná moord op Pta-man
Toe Jaco Geldenhuys vroeër vandeesmaand spoorloos verdwyn het, het sy geliefdes dadelik besef daar is groot fout.
Vermeende moordenaar wel vervolg
Die beskuldigde word daarvan aangekla dat hy op 26 Januarie verlede jaar ʼn man in Richardsbaai doodgeskiet het.
‘Die Losgemaal’: Voormalige Bokafrigter is jongste gas
Heyneke Meyer praat oor wat vir die Bokke verkeerd geloop het en wat hulle in die tweede toets kan doen om die bordjies te verhang.
Wind in die hare
Soos met die koepee is die afslaandakweergawe van die E-klas uiters elegant.
Eindig enting vryheid?
Dus, nogmaals: Hoe ver strek vryheid? Het Macron en ander Europese leiers reg, of gaan hy te ver?
Helpende Hand open 100ste liefdadigheidswinkel
“Sáám kan ons almal ʼn groot verskil maak – stap bloot net by jou naaste winkel in, en koop of skenk iets. Dit is die ideale manier om van oorbodige items ontslae te raak, en boonop weet jy dit gaan aangewend word om ’n verskil te maak.”
Unesco-status wink vir dié SA dorp
Indien die bod suksesvol is, sal die dorp erken word as een van slegs 39 literatuurstede in die wêreld.