14 gevonnis oor ontvoering, moord op 6 mans

V.l.n.r. Brig. Gerda van Niekerk, speurdersersant Lerato Hlomela, kapt. Mzoxolo Livi, kol. Trevor Smit, ao. Vuyolwethu Mbona en lt.kol. Bambelela Ngxaki (Foto: ao. Riaan Jonker/SAPD)

Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag 14 mans gevonnis ná die moord op ses mans op ʼn plaas in die Joostenbergvlakte in Kraaifontein.

Kapt. FC Van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die lang hofsaak het gevolg ná die gemeenskap beheer geneem het oor hul gebied, terwyl hulle nou saam met die polisie gewerk het.

“Regter Chantal Fortuin het die 14 verdagtes lewenslange vonnisse opgelê ná ses jong mans op 10 Desember 2014 ontvoer en vermoor is. Die beskuldigdes, tussen 25 en 56 jaar oud, het die slagoffers met klippe bestook, met skerp voorwerpe gesteek en hulle met sambokke aangerand. Die slagoffers is daarvan verdink dat hulle verantwoordelik was vir die moord op ʼn veiligheidswag.”

Staatsaanklaer adv. John Reyneveld en ondersoekbeampte lt.kol. Bambelela Ngxaki (Foto: ao. Riaan Jonker/SAPD)

Lt.genl. Tembisele Patekile, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekbeamptes en staatsaanklaerspan geloof wat almal ʼn bydrae gelewer het om die lang vonnis te verseker. “Sonder die betrokkenheid van die gemeenskap is dit ʼn byna onbegonne taak om die oorlog teen misdaad te wen,” het Patekile gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Die Howe kan nie by hou met al die sake nie…..vrot van die kriminele in die land

Elinette ·

Dit was nie regtig “moord” soos in met voorbedagte rade nie. Dit was die aksie van ‘n gemeenskap wat keelvol was vir die SAPD se onvermoë om kriminele aan bande te lê en misdaad te voorkom. Hulle noem dit eintlik “jungle justice”.

Anoniem ·

As ek reg verstaan het die 14 mans opgetree ter beskerming van hul gemeenskap waar die 6 vermoordes volgens hul misdaad gepleeg het. Net so het die gemeenskap nou saam met die SA Polisie gewerk om die 14 mans aan te keer. Dit is net een bose kringloop. Waar was die Polisie in die eerste plek toe die oorspronklike misdaad begin het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.