Foto’s: Kiwi-verdriet in Kaapstad

Australië en Fidji vier hul Seweswêreldbeker-oorwinnings. Foto: Melanie Cornelius.

Nieu-Seeland se mans- en vrouespanne het vir die bekereindstryd van die Seweswêreldbeker in Kaapstad gekwalifiseer. Tog kon nie een van die spanne daarin slaag om met die louere weg te stap nie.

In die mansafdeling het ʼn begeesterde Fidji-span die Kiwi’s as die wêreldkampioen onttroon toe hulle die eindstryd met 29 – 12 gewen het.

Die eilandmanne het die kragmeting reeds in die eerste helfte beklink toe hulle ʼn voorsprong van 24 – 5 opgebou het.

Fidji is ook die verdedigende Olimpiese kampioen nadat hulle die goue medalje in Tokio gewen het.

Dan het Australië se vrouespan ook die Nieu-Seelanders se eindstrydpartytjie bederf. Die Aussies het die opwindende kragmeting met 24 – 22 gewen.

Die Blitsbokke het ʼn teleurstellende toernooi gehad en hulle moes met ʼn uiteindelike sewende plek tevrede wees.

Hulle het veral sleg teen Ierland in die bekerkwarteindstryd verloor, maar het beter in hul laaste wedstryd teen Samoa gespeel.

  • Uitslae:

Bekereindstryd: Fidji 29 – 12 Nieu-Seeland (mans); Australië 24 – 22 Nieu-Seeland (vroue)

Bronsmedaljewedstryd: Ierland 19 – 14 Australië (mans); Frankryk 29 – 7 VSA (vroue)

Vyfde/sesde plek: Argentinië 10 – 7 Frankryk (mans); Fidji 53 – 0 Kanada (vroue)

Sewende/Agtste plek: Suid-Afrika 35 – 5 Samoa (mans); Ierland 26 – 10 Engeland (vroue).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MakersMark ·

Blitsbokke was so ellendig dink Aus dames sou hul geklop het.

Niklaas ·

Vrot verdiging. Dink hul dat oorwinings so in hul skoot sal val ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.