Gatland tevrede met Leeus se voorbereiding

Warren Gatland is tevrede met die Leeus se voorbereiding. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Die Britse en Ierse Leeus het hul laaste wedstryd voor die toetsreeks teen Springbokke begin, met 49 – 3 teen die Stormers in Kaapstad gewen.

Die Kapenaars het sterk in die openingsalvo’s van die wedstryd vertoon, maar die besoekers het met die vinnige tempo waarteen hulle speel stelselmatig die oorhand gekry om uiteindelik sewe drieë te druk.

En om die lang storie van die voorafwedstryde kort te knip: Warren Gatland is tevrede met die Leeus se voorbereiding.

“Die Stormers het goed begin en ons moes vir die eerste 20 minute ’n kwaai aanslag afweer. Maar dit was te wagte – spelers gaan hul beste gee wanneer hulle teen die Leeus speel en ek is bly dat ons die druk kon hanteer,” het Gatland gesê.

Duhan van der Merwe in aksie teen die Stormers. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Volgens die voormalige Wallis-afrigter is hy tevrede met die vertoning van Luke Cowan-Dickie en Marcus Smith, terwyl die Suid-Afrikaans-gebore Duhan van der Merwe weer eens sy kans met albei hande aangegryp het.

Hy is ook dankbaar dat sy Leeus teen die spelers kragte gemeet het wat Woensdag vir die SA A-span gekies is, en nie die groep wat gister teen die Bulle in aksie was nie.

“Indien ons teen hulle (gister se groep spelers) gespeel het, was ons dalk nie so deeglik getoets nie.  Maar nou weet ons darem wat om in die eerste toets teen die Springbokke te verwag.”

Alun Wyn Jones het gister ’n stewige vertoning as plaasvervanger teen die Stormers gelewer en Gatland is tevrede met die strydros se spelpeil.

“Alun Wyn is ’n vegter en hy is mal daaroor om vir die Leeus te speel. Ons sal nog sien wat sy rol in die toetse sal wees.”

Die 35-jarige slot is egter weer terug in sy oorspronklike rol as toerkaptein.

  • Puntemakers:

Britse en Ierse Leeus: Drieë: Adam Beard, Luke Cowan-Dickie, Jonny Hill, Jack Conan, Zander Fagerson, Louis Rees-Zammit en Sam Simmonds. Doelskoppe: Marcus Smith (7).

Stormers: Strafskop: Tim Swiel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MakersMark ·

Dit sou beter voorbereiding gewees het om teen die Bulle te speel……

piet ·

Ons provinsiale spanne is ewe vrot soos die Bulls gewys het teen Treviso toe hulle met 50 punte verloor het. Dis seker die maklikste toer ooit vir die Leeus teen SA se provinsiale spanne. Almal verloor met 50-punte, absoluut pateties. Hoop daar word plan gemaak met toekomstige toere ons kan nie kanonvoerspannetjies vir kwaliteit toerspanne voer nie. Of die Bokke moet vir hul provinsies speel of ons moet goedvoorbereide gekombineerde spanne kies.

MakersMark ·

piet ek stem ons provinsiale rugby minus bokke is pateties maar op die dag sou die Leeus definetief nie soveel punte op die bulle gesit het nie.

piet ·

Ek dink hulle sou verder verloor het……Treviso is mos nou ‘n teken gewees……

MakersMark ·

Treviso is in Italie nie Pretoria nie. Bulle het SA geklop op Nuweland nie in Italie nie en die Leeus het die WP geklop op Nuweland. Ek verskil dat die Leeus meer op die Bulls sou gesit het. Om daai mening op Treviso te baseer is wensdenkery.

piet ·

Tellings is gewoonlik hoer in Pretoria, die Leeus sou meer as 50 opgesit het in my opinie soos hulle gewys het teen die Sharks en Lions. Nulle het ‘n saamgeflansde SA “A” ook maar met genade geklop. Dis definitief nie SA nie. Stormers enigste provinsiale span in SA wat minder as 50 teen Leeus sal afstaan. Ander spanne speel touch rugby.

MakersMark ·

piet, bulle het WP 2x geklop die seisoen. En bulle het SA A geklop. Om minder as 50 af te staan ? Is dit nou die nuwe measure of excellence ? Nee wat jou stories maak nie sin nie. Jy kan argumenteer so veel as jy wil oor Treviso, die bulle was vrot op die dag maar die WP het nie eers daar uitgekom nie. Gister toe hardloop die Leeus deur soos hul will. Op die WP se tuisveldjie. Wensdenkery werk nie.

piet ·

Gatland is omtrent die kwaliteit van ons provinsiale spanne sonder die Bokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.