GLRU-liga: Pirates-punteleer lyk nie aldag so

GLRUDie punteleer van die Goue Leeus-rugbyunie se Pirates-grootuitdaagreeks lyk nie aldag soos vandeesweek nie.

Met die studentespanne wat vakansie hou, en ná Raiders se sege van 33-22 Saterdag teen Wanderers, is dit een van die min kere in `n lang tyd dat twee oop klubs die voorste plekke in die liga vul.

Pirates en Raiders het albei 43 ligapunte, maar Pirates se beter batige puntesaldo plaas hom eerste.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het twee en die NWU Pukke een wedstryd minder as die voorlopers gespeel.

In Saterdag se ander wedstryde het Randfontein vir Johannesburg Polisie 48-26 verslaan; en Roodepoort het vir Unie 36-10 gelooi.

Ander uitslae –

Tweede spanne

Raiders 40, Wanderers 8; Randfontein 32, Polisie 13; Roodepoort 38, Unie 13.

Derde spanne

Wanderers 32, Raiders 21; Polisie 40, Randfontein 38; Unie 13, Roodepoort 10.

O.21-spanne

Raiders 52, Wanderers 18; Randfontein 61, Polisie 0; Roodepoort 28, Unie 0.

O.20-spanne

Wanderers 32, Raiders 17; Randfontein 26, Polisie 5; Roodepoort 28, Unie 0.

Opgesomde punteleer –

Pirates-grootuitdaagbeker (Top6)

Eerste spanne

Pirates 43, Raiders 43, UJ 42, NWU Pukke 38, Wits 35, Wanderers 31.

Tweede spanne

Wits 44, UJ 41, NWU Pukke 39, Pirates 38, Raiders 36, Wanderers 26.

Derde spanne

NWU Pukke 50, Pirates 42, Wanderers 40, UJ 38, Raiders 27, Wits 18.

O.21-spanne

NWU Pukke 50, UJ 44, Wits 41, Raiders 3, Wanderers 27, Pirates 18.

O.20-spanne

NWU Pukke 50, UJ 45, Wits 45, Pirates 30, Wanderers 17, Raiders 14.

Piratesgrootuitdaagbeker (Onderste 5)

Eerste spanne

Randfontein 35, Roodepoort 23, Polisie 16, Alberton 6, Unie -9.

Tweede spanne

Randfontein 26, Roodepoort 22, Polisie 17, Alberton 10, Unie -1.

Derde spanne

Roodepoort 31, Polisie 31, Randfontein 16, Unie 10, Alberton 8.

O.21-spanne

Randfontein 34, Alberton 29, Roodepoort 26, Polisie 5, Unie -2.

O.20-spanne

Randfontein 36, Roodepoort 32, Alberton 20, Polisie 9, Unie -2.

(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aanPale Toe! by [email protected] te stuur.)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae