Kaptein Bongi lei Sharks teen Lions

Bongi Mbonambi (Foto: Emmanuel Dunand/AFP)

Die Sharks sal sonder verskeie Springbok-sterre, onder wie Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi en Ox Nché, vir hul Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Lions in Johannesburg wees.

Hulle sal egter op die leiding van Bok-haker Bongi Mbonambi kan staatmaak, terwyl Coenie Oosthuizen, Grant Williams en Aphelele Fassi ook vir die nodige ervaring en slaankrag sorg.

Francois Venter en die opwindende Ethan Hooker – ʼn o.20- nasionale speler – sal in die middeveld diens doen.

Die Sharks kon nog net een wedstryd in tien probeerslae in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap wen en hulle sal op hul beste teen die avontuurlustige Lions moet wees.

Die wedstryd begin Saterdag om 15:00 en die aksie word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Lions: Quan Horn (heelagter), Richard Kriel (regtervleuel), Henco van Wyk (buitesenter), Marius Louw (kaptein en binnesenter), Edwill van der Merwe (linkervleuel), Jordan Hendrikse (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Francke Horn (agtsteman), Ruan Venter (flank), JC Pretorius (flank), Darrien Landsberg (slot), Etienne Oosthuizen (slot), Asenathi Ntlabakanye (stut), PJ Botha (haker) en JP Smith (stut). Plaasvervangers: Jaco Visagie, Corné Fourie, Conraad van Vuuren, Reinhard Nothnagel, Emmanuel Tshituka, Hanru Sirgel, Morné van den Berg en Erich Cronjé.

Sharks: Aphelele Fassi (heelagter), Eduan Keyter (regtervleuel), Ethan Hooker (buitesenter), Francois Venter (binnesenter), Aphiwe Dyantyi (linkervleuel), Siya Masuku (losskakel), Grant Williams (skrumskakel), George Cronjé (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), James Venter (flank), Gerbrandt Grobler (slot), Corné Rahl (slot), Coenie Oosthuizen (stut), Bongi Mbonambi (kaptein en haker) en Ntuthuko Mchunu (stut). Plaasvervangers: Fez Mbatha, Dian Bleuler, Khwezi Mona, Lappies Labuschagne, Tino Mavesere, Phepsi Buthelezi, Tiaan Fourie en Curwin Bosch.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.