Lions kry groen lig vir Griekwas

Die Lions oefen op Emirates Airline-park. Foto: Twitter.

SA Rugby (Saru) en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het die Lions die nodige toestemming gegee om Vrydagaand gasheer vir Griekwas op Emirates Airline-park te speel.

Dit kom nadat die afgelope naweek se Superrugby Unlocked-kragmeting tussen die Johannesburgers en die Cheetahs deur ’n vlaag positiewe Covid-19-gevalle in die Lions-kamp in die wiele gery is.

Ses spelers het positief vir die virus getoets, terwyl vyf spelers ook as voorsorgmaatreël in isolasie geplaas is.

Die Lions is tans sesde op die punteleer, maar het teen die Stormers op Nuweland beïndruk. Daarteenoor is Griekwas heel laaste op die punteleer ná twee taai wedstryde teen die Bulls en die Pumas.

Dit sal die Lions se eerste tuiswedstryd in 258 dae wees en die aksie begin Vrydagaand om 19:00. Die kragmeting sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.