Potchefstroom Dorp het die voortou in die Luiperds se Neserliga geneem ná ʼn strawwe stryd Saterdag teen Vryburg.
Welkom is die voorloper in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga, en Matlosane is boaan die Jaap Steynliga se punteleer.
Annatjie Jordaan, die sekretaresse van Potch-Dorp, laat weet die klub het sy wedstryd teen Vryburg met 20-17 gewen.
“Dit was ʼn baie harde wedstryd aan albei kante. Die manne het hul harte uitgespeel, en het 80 minute lank uithaalrugby gespeel. Die verdediging was puik.”
Sy sê Dorp se Deon van Zyl (heelagter) het skitterend van agter af aangeval, en Janus Lombaard (linkervleuel) se kruisverdediging was giftig.
Die voorry het goed geskrum.
Van Zyl, Xabiso Hotele en Michael Fulton het die wenspan se drieë gedruk. Ruan Janse van Vuuren het met ʼn doelskop en ʼn strafdoel geslaag.
Jordaan sê die wedstryd het ʼn hele paar geel kaarte aan albei kante opgelewer.
♦ Ouboet Schutte, die voorsitter van Zeerust, het laat weet sy span se bepaalde wedstryd teen Klerksdorp III is tot 27 April uitgestel.
Ander uitslae –
Griffons-Luiperdsoorgrensliga
Eerste spanne
Welkom 42, Odendaalsrus 3; Rovers (Welkom) 40, Vaal Reefs 0.
Tweede spanne
Welkom 22, Odendaalsrus 5; Rovers 21, Vaal Reefs 7.
Neserliga
Eerste spanne
Lonmin 32, Fochville 15.
Tweede spanne
Mafikeng I 54, Lichtenburg II 7; Lonmin 41, Fochville 14.
Jaap Steynliga
Koster 43, Potch Tigers 13; Leeudoringstad 25, Matlosana 24; Westonaria 66, Klerksdorp III 5; Rustenburg Warriors 12, Hurricanes (Stilfontein) 8.