Nóg ʼn Engelse rugbyklub kry trekpas

Francois Hougaard. (Foto: Instagram)

ʼn Tweede Engelse rugbyklub is Woensdag uit die Premierliga geskors weens ʼn tekort aan geld.

Luidens ’n verklaring deur die Engelse Rugbyvoetbalunie (RFU) oorweeg die

sakeredding weens hul benarde finansiële posisie.

Wasps sê hul geldelike probleme spruit uit onbetaalde belasting van nagenoeg R40 miljoen.

Die Suid-Afrikaanse rugbyspelers Francois Hougaard, Burger Odendaal, Nizaam Carr en die huidige Bok-stut Vincent Koch speel almal vir Wasps en hul toekoms is nou duister.

Wasps is die tweede Engelse klub wat uit die Premierliga geskors word weens finansiële redes nadat Worcester verlede week ook geskors en daarna die trekpas uit die Engelse topliga gegee is.

Die gewese Cheetahs-senter Francois Venter en Suid-Afrikaner van geboorte Duhan van der Merwe was twee van Worcester se topspelers.

Wasps is ’n viermalige Premierliga-kampioen en kan vra dat hul skorsing opgehef word sodra die klub kan bewys dat hulle hul skuld kan betaal.

Die RFU het gesê hulle sal nou saam met Wasps werk om die beste oplossing vir die toekoms van die klub te verseker.

Volgens gerugte stel die gewese eienaar van die sokkerklub Newcastle, Mike Ashley, daarin belang om Wasps te koop.

Wasps se geldelike probleme is glo veel erger as net hul belastingskuld.

Hulle sukkel skynbaar ook om skuld van sowat R800 miljoen te betaal wat spruit uit die klub se verhuising in 2014 van Londen na Coventry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Manie ·

Die Stormers behoort vir Vincent Koch dadelik ‘n aanbod te maak, hulle vaskoppe is maar dun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.