Peter de Villiers gesels saam op Die Losgemaal

Foto: Verskaf.

Vir Jacques “Cappie” Henning en Hein Diemont is daar niks lekkerders as om oor rugby in Afrikaans te gesels nie; en met die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika is daar ongetwyfeld baie dinge om oor te praat.

Die twee entoesiastiese leunstoel-ondersteuners – een ’n vryskut-sportvideoredigeerder en die ander ’n rekenmeester – is mal oor sport en hulle het Die Losgemaal, Afrikaanse aanlyn rugbygeselsprogram, van stapel gestuur.

Die konsep van Die Losgemaal behels dat die twee aanbieders ’n “kenner” of huidige/voormalige spelers as gaste nooi en dan met hulle gesels oor die jongste verwikkelinge in die Suid-Afrikaanse rugbylandskap.

Die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus is om die draai en die manne kuier vandeesweek saam met Peter de Villiers.

De Villiers was aan die stuur van sake toe die Springbokke die Leeus in 2009 ore aangesit het en oudergewoonte kleur hy die gesprek met sy unieke persoonlikheid en sêgoed in.

“Moenie hierdie episode van Die Losgemaal misloop nie. Toeskouers mag dalk by die wedstryde verbied word, maar jy kan in die gemak van jou eie huis saam met ons gees vang!”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Hoop hy vertel ons van sy ervaringe as afrigter van Zimbabwe.

Kobus ·

Sien die berig maak melding van “kenners” . Pas by die gas wat ter sprake is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.