Die naaswenner verlede jaar van die Griffons se Sandveldliga het Donderdag `n stewige oorwinning oor Welkom III behaal.
Hy het die wedstryd op sy tuisveld 47-3 gewen.
Carel van der Merwe, `n woordvoerder van die klub, sê Reinhardt Kleynhans was die wenspan se beste voorspeler en Kirstein Kok die beste agterspeler.
Juandré Kleynhans het drie drieë vir Bothaville gedruk en Kok twee.
Die Sandveldkampioen, Hoopstad, het naelskraap 7-6 teen Wesselsbron gewen.
Ander uitslae –
Theunissen 75, Thabong 0; Tikwe Titans 22, Bronville Pioniers 15; Bultfontein 23, Beatrix 13.