Skaars is Allister Coetzee ontslaan, of die Springbokke vaar beter op die wêreldranglys.
Dis bloot skertsend gesê, want dis nie deur enige van Coetzee of die Bokke se toedoen nie, maar Suid-Afrika is sedert Maandag vyfde pleks van sesde op Wêreldrugby se lys.
Die verbetering is te danke aan Wallis se oortuigende oorwinning van 34-7 in Cardiff oor Skotland in die Sesnasiesreeks.
Wallis skuif van sewende na sede, en die Skotte val van vyfde tot sewende.
Die voorste vier is steeds Nieu-Seeland, Engeland, Ierland en Australië.
Suid-Afrika kan egter steeds nie te gerus wees nie. Die Sesnasies het maar pas begin en sake kan teen die einde van die reeks weer anders daar uitsien – veral as die Skotte begin wen.
Frankryk se tuisnederlaag van 13-15 teen Ierland het hom sy swakste plek, tiende, sedert die insteling van die ranglys besorg.
Fidji is nou voor die Hane in die negende plek, en ewenaar sy vorige beste aanslag.
Brasilië se verrassende sege van 16-14 in Santiago oor Chili in die Amerikas-rugbykampioenskap het hom van die 28ste tot die 25ste plek aangehelp.
Switserland se sege van 30-27 in Chens-sur-Léman oor Ivoorkus verbeter sy plek van 32ste tot 31ste.
Bokke vaar beter as hulle nie speel nie. Ek AC is dagvaar ek. Bokke skuif dan op, hoe kan hy sy werk verloor
Dalk moet die IRR na hulle kwalifikasie stelsel kyk. SA het nog nie eens ‘n wedstryd gespeel in hierdie jaar nie maar hy skuif op? Danksy iemand wat verloor het? Na een ronde toetswedstryde?