Studente sorg weer vir Varsity-pret

Die Shimlas het vir Tukkies met een punt in Pretoria geklop. Foto: GB Jordaan.

Die eerste salvo’s van die 2023-Varsitybeker is afgevuur, met die Shimlas, Maties, Wits en die NWU wat hul wedstryde gewen het.

Shimlas breek Tukkie-harte

In Pretoria het die Shimlas vir hul nederlaag in verlede jaar se halfeindstryd vergoed toe hulle Tukkies met 26 – 25 geklop het.

Die Bloemfonteiners se Asanda Kunene het twee drieë gedruk en ondanks ʼn sterk Tukkie-aanslag ná rustyd, het die besoekers steeds genoeg gedoen om die wedstryd te wen.

  • Puntemakers:

Shimlas: Drieë: Asanda Kunene (2), Kwezi Dlamini en John Moffat. Doelskoppe: Ethan Wentzel (3).

Tukkies: Drieë: Strafdrie, Kyle Cyster en Allister Williams. Doelskop: Jacobus Burger. Strafskoppe: Jacobus Burger (2).

Maties delf diep om Ikeys te klop

Maties kon in die doodsnikke van die wedstryd vir Ikeys met 21 – 19 op die Danie Craven-stadion klop.

Ikeys het ʼn voorsprong van 19 – 9 opgebou, maar Thomas Bursey se drie en Jurie Mathee se skopvoet het gesorg dat Maties se terugvegpoging suksesvol was.

  • Puntemakers:

Maties: Drieë: Jurie Mathee en Thomas Bursey. Doelskoppe: Mathee (2). Strafskop: Mathee.

Ikeys: Drieë: Duran Koevort en Lyle Hendricks. Doelskoppe: Ntokozo Makhaza (2). Strafskop: Makhaza.

Wits wen puntefees in Bloemfontein

Wits en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (CUT) se Ixias het vir ʼn drieëfees gesorg, maar uiteindelik was dit die Johannesburgse studente wat die wedstryd met 59 – 49 gewen het.

Wian de Lange en Mark Snyman het elk twee drieë vir die wenspan gedruk, terwyl die Ixias se Tokelo Ntapane drie keer die Wits-verdediging geflous het.

  • Puntemakers:

Wits: Drieë: Mark Snyman (2), Wian de Lange (2), Lindokuhle Ncusane, Kabelo Mokhethi, Azakhiwe Afrika en Banele Mthenjane. Doelskoppe: Chris Rheeder (5).

CUT: Tokelo Ntapane (3), Zachery Bester, Ulrich Stander, Thabiso Mkhwebane en Maboe Sekele. Doelskoppe: Christian Humphries (7). Strafskop: Humphries.

NWU-Pukke vlieg hoog teen UJ

Die NWU-Pukke het ʼn rustydagterstand van 18 – 15 teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) uitgewis om die wedstryd met 41 – 28 in Potchefstroom te wen.

Die tuisspan het vier drieë in die tweede helfte gedruk om hul openingskragmeting van die toernooi te wen.

  • Puntemakers:

NWU-Pukke: Drieë: Isrome Phatudi, Theuns Pretorius, Vernon Paulo, Sylvester Hassien, Stephan Krugel en Wihan Nel. Doelskoppe: Zinedine Robinson (2) en Martin Venter. Strafskop: Robinson.

UJ: Drieë: Jonathan Viljoen (2) en Darnell Osuagwu. Doelskop: Viljoen. Strafskoppe: Viljoen (3).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.