Die verlengde reis hou nie enige gesondheidsrisiko in vir die bemanning nie en hulle het “positief” gereageer op die nuus dat hulle verblyf verleng word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Februarie 2023
Behoeftes van polisie in die Wes-Kaap uiteengesit
Die las van speurders in die Wes-Kaap is gemiddeld baie meer as 200 dossiere per persoon – dit is 333% meer as die standaard van 50 tot 60 dossiere.
Masels-uitbreking in Wes-Kaap bevestig
Vier gevalle is tussen 24 Januarie en 17 Februarie in Kaapstad aangemeld.
Cilliers Brink is koalisie se burgemeesterskandidaat vir Pretoria
Cilliers Brink is tans die DA se skaduminister vir samewerkende regering en tradisionele sake en die party se nasionale woordvoerder.
Vrystaatse premier bedank
“As ʼn premier het sy niks gedoen om die lewens van mense in die provinsie te verbeter nie.”
‘Dalk fase 8, maar nog geen algehele ineenstorting nie’
“Die grootste daad van protes bly om jou eie ding te doen. Ons wil dit nie sê nie, maar versoek mense om voor te berei vir selfs ʼn hoër fase beurtkrag.”
Ses maande oue baba in Somerset-Wes ontvoer
Die polisie in Somerset-Wes in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van ontvoering ná ʼn ses maande oue baba op 5 Desember 2022 verdwyn het.
Alana Bailey: ‘Buitelanders is positief oor Afrikaans’
“Ek dink ʼn mens moet nooit gemaklik wees oor enige taal se toekoms nie.”
Uitdrukking: Die “taal” in uitdrukkings
ʼn Taal maklik gooi … van jou taal af wees … nog taal of tyding kry… Met die oog op Internasionale Moedertaaldag ondersoek Taaltoffie ʼn paar uitdrukkings waarin die woord “taal” voorkom.
Moedertaalonderrig maak veeltaligheid moontlik
“Suksesvolle, funksionele veeltalige praktyke kan slegs verwerklik word as gemeenskappe op die gebruik van hulle onderskeie moedertale aandring.”
Moedertaal versterk ons identiteit en geloof
Enige volk- en geloofsgemeenskap wat erns maak met sy skeppingsopdrag om te heers, te aanbid, te dien, te werk en te bou, sal ook erns maak met sy taal, as genade van die Here.
ToekomsVenster: Ons is liggaam, siel en gees
Ons moet terugkeer na God se oorspronklike bedoeling en iets van ons eie mooiheid, eintlik Goddelike mooiheid, herontdek, koester en uitleef.
Sisulu-aanstellings by SA Toerisme dalk ‘onwettig’
Die minister het drie raadslede wat bedank het binne enkele dae vervang, ʼn proses wat volgens die DA nie die wetlike voorskrifte daaroor nakom nie.
Verskeie kampe in Krugerwildtuin oop ná oorstromings
Die Krugerwildtuin se tegniese dienste is steeds besig om die omvang van die skade van die oorstromings te bepaal.
Luister: ‘Verkleurmannetjie’ Rayne kies kleurvolle kant van die lewe
“Ek was vir ʼn lang tydperk die jongste kunstenaar op die Barnyard se verhoog. Ek het as 15-jarige reeds ʼn oudisie afgelê en dit geslaag.”
Paramedikus sterf kort ná terugkoms van Turkye
“Ons is hartseer om te hoor van die dood van Paul Herbst. Hy was ʼn gerespekteerde en toegewyde leier in die nooddienstebedryf.”
Novak nou gelyk met Steffi
Novak Djokovic het Steffi Graf se rekord vir die meeste weke as die wêreldno. 1-speler geëwenaar nadat sy 377ste week as die wêreld se voorste raketswaaier amptelik begin het.
Herstelwerk aan parlement gaan (eindelik) begin
Meer as ʼn jaar ná die verwoestende brand by die parlement gaan daar nou uiteindelik begin word met die herbouproses waarvoor die tesourie reeds R2 miljard bewillig het.
Dié spelers in LIV-reeks te sien
Die omstrede LIV-gholfreeks spog vanjaar met sewe splinternuwe gesigte, insluitend ʼn Suid-Afrikaanse en ʼn Amerikaanse Meesterskampioen.
Verwag dié agt fokuspunte in begrotingsrede
Ekonome twyfel nie dat aksynsbelasting op drank en tabak Woensdag verhoog gaan word nie, en waag ook ʼn voorspelling oor inkomstebelasting en brandstoftoelae.