Sisulu-aanstellings by SA Toerisme dalk ‘onwettig’

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme. (Foto: Verskaf)

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, se aanstelling van drie nuwe raadslede van die SA Toerismeraad (SAT) ná die bedanking van hul voorgangers, was onregmatig, sê die DA.

Enver Duminy, Ravi Nadasen en Rosemary Anderson het bedank nadat ʼn herrie oor SAT se beoogde R1 miljard-borgskap van die Britse sokkerklub Tottenham Hotspur op die lappe gekom het.

Die minister het daarna drie nuwe raadslede aangewys.

“[Die minister] het self erken dat die drie bedankings aan die begin van Februarie op ʼn Woensdag ingedien is en dat sy die raadslede wat bedank het vier dae later, op die Saterdag, vervang het,” sê Manny de Freitas, die DA se woordvoerder oor toerisme.

Die Wet op Toerisme bepaal egter dat die minister, wanneer sy raadslede aanwys, kennis daarvan in die Staatskoerant moet gee en ʼn uitnodiging om benoemings vir die poste in twee nasionale koerante plaas – en weer dieselfde doen nadat die raadslede aangewys is.

“Dit beteken die minister het nie die voorskrifte en prosesse wat in die wet voorgeskryf word nagekom nie. Dit beteken moontlik dat die drie nuwe lede dalk onwettig aangewys is en dat enige besluite en resolusies wat die raad sedertdien geneem het, ongeldig verklaar kan word,” sê De Freitas.

Volgens Sisulu moes sy die drie lede dringend vervang om te verseker die raad haal ʼn kworum sodat die sokkerborgskap bespreek kon word.

“Die minister het versuim om te verduidelik waarom dit in die eerste plek so dringend was, aangesien die Tottenham-ooreenkoms dan net ʼn voorstel was met geen spertyd daaraan gekoppel nie,” sê De Freitas.

Die DA het die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme gevra om voort te gaan met ʼn verslag oor die aangeleentheid en ook dat ʼn ondersoek na die gebeure gedoen word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wondermaarnet ·

Maak soos hulle wil en almal moet inval by hul onderduimse planne.

schalk ·

ag maar dit gaan tog te lekker die sirkus raak net al hoe meer interessant so die sokker is nou van meer belang as om die regte kanale te volg en aanstelling word nou sommer so uit die hoed uit getrek

CHRISTINE ·

Alles wat die ANC doen, is onwettig, teen die konstistusie en skend menseregte.

Harley Davidson ·

Sy moet miskien net tereggewys word sy is net daar oor haar van en nie oor haar bevoegdheid om as ‘n minister te dien nie.

Nie Verbaas ·

Korrek, sy is nie die blinkste peanut in die pakkie nie.

Marius ·

Die dame se aanstelling is onwettig . Sy hoort nie in die bestuur van die land nie , sy is n voorbeeld van hoe dinge nie moet gaan nie.

Nie Verbaas ·

En daar het drie van haar gabbas dadelik n werk. Wonder wat hulle “kwalifikasies” is?

Jaco ·

Net voordat almal nou kla: dié tipe aanstellings het maar in die ou SA ook gebeur, veral in die staatsdiens en by groot Afrikaner-besighede soos Volkskas en SANLAM. Top poste is wel geadverteer, maar dis amper altyd gevul deur lede van die Afrikaner-Broederbond, wat die geheime “beleidmakers” van die regerende Nasionale Party was. Ja, let wel, die beginsel van lekker jobs vir jou politieke pêlle, deesdae bekend as kaderontplooiing, kom toe sowaar uit die ou SA. “Hulle” wat vandag regeer, het dit geleer by “ons” wat voor 1994 geregeer het.

Christine ·

Wat jy dalk nie weet nie, is dat die wette op basiese indiensneming eers baie later hul opwagting gemaak het in ons land, wat groot lande in die wereld steeds nie het nie.

SjN ·

Die aanstellings wat daai tyd plaasgevind het, het ten minste die vereiste kwalifikasies gehad ou Jaco

M ·

Wens sy gaan nou maar op haar eie-koste-verder toer …. iets soos in “Koffie” in ….

Christine ·

Hierdie rassistiese en onetiese Susulu gaan hopelik haar pos eersdaag kwyt wees.

Althes ·

Die vrou moet op pensioen gaan. Haar besluite raak al hoe meer irrasioneel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.