Toulouse-sewes: Blitsbokke pak Poemas

(Foto: @BlitzBoks/Twitter)

Die Blitsbokke speel Saterdagaand (19:05) in Toulouse in die kwarteindronde van Wêreldrugby se sewestoernooi teen Argentinië nadat Suid-Afrika vir Amerika met 24-7 in hul derde groepwedstryd in Groep C geklop het.

In die ander kwarteindrondewedstryde speel Australië teen Kanada, Nieu-Seeland pak Ierland en Frankryk speel teen Brittanje.

Die Blitsbokke, wat Vrydag hul eerste wedstryd teen Frankryk met 7-31 verloor het, het Vrydagaand baie beter vertoon teen Fidji en dit met ʼn maklike oorwinning oor die VSA opgevolg.

Maar dit sal nie maklik wees teen die Argentyne nie, wat voor die Blitsbokke op die punteleer is.

Die Poemas het na ʼn hoër rat oorgeskakel toe hulle Brittanje Saterdag met 50-0 platgevee het. Hulle het Vrydag oorwinnings van 21-19 oor Spanje en 29-7 oor Duitsland behaal.

Die Blitsbokke het vier puik drieë teen die Amerikaners gedruk waar Ronald Brown, Impi Visser en Christie Grobbelaar uitgeblink het.

Die Blitsbokke se Dewald Human het ʼn geel kaart vir ʼn ontoelaatbare duikslag gekry, maar die Amerikaners kon dit nie uitbuit nie.

Puntemakers: Suid-Afrika 24 (5): Drieë: Ronald Brown, Christie Grobbelaar, Dewald Human, Shaun Williams. Doelskoppe: Dewald Human, Ricardo Duarttee.

VSA 7 (7): Drie: Malacchi Esdale. Doelskop: Steve Tomasin.

  • Ander uitslae op dag 2:

Ierland 66, Japan 0; Australië 26, Samoa 7; Kanada 33, Kenia 7; Nieu-Seeland 14, Uruguay 12; Spanje 29, Duitsland 0; Argentinië 50, Brittanje 0; Frankryk 24- Fidji 19; Suid-Afrika 24, Amerika 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.